Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XIVe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2026 (Italiaans: XIV Giochi paralimpici invernali) sal na verwagting tussen 6 en 15 Maart 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.[1] Dit sal die 14de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Winterspele 2006 die tweede Paralimpiese Spele in Italië.
Die Olimpiese Winterspele 2026 sal tussen 6 en 22 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in Milaan en Cortina d'Ampezzo gehou word.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2026.[2] Milaan en Cortina d'Ampezzo is op 24 Junie 2019 in Lausanne deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2026. Die enigste ander kandidaat was Stockholm, Swede.
Die gasheerstad sou oorspronklik in Oktober 2019 deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in Milaan, Italië, aangekondig word. Die IOK het die stemming egter na 'n ander plek – en datum – verskuif, nadat Italië 'n bod vir die Olimpiese Winterspele 2026 ingedien het wat die stad Milaan insluit. Die stemming sal nou op 24 Junie 2019 in die hoofkantoor van die IOK in Lausanne, Switserland, gehou word.[3][4] Die eerste aansoekfase vir die Spele het in September 2017 begin.[5]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2026[6] | ||
---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 |
Milaan en Cortina d'Ampezzo | Italië | 47 |
Stockholm | Swede | 34 |
7 Paralimpiese sporte sal tydens die Spele beoefen word.