XIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2014 (Russies: Зимние Паралимпийские игры 2014, tr. Zimniye Paralimpiyskiye igry 2014) is tussen 7 en 16 Maart 2014 in Sotsji, Rusland, aangebied. Tydens die geleentheid het 538 atlete uit 45 nasies aan 72 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die elfde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste in Rusland.
Suid-Afrika het nie aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem nie.
Die Olimpiese Winterspele 2014 is tussen 7 en 23 Februarie in Sotsji gehou.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2014 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2014.[2] Sotsji is op 4 Julie 2007 in Guatemala-stad deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2014. Ander kandidate was: Pyeongchang en Salzburg.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2014[3] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | Rondte 2 | ||||
Sotsji | Rusland | 34 | 51 | ||||
Pyeongchang | Suid-Korea | 36 | 47 | ||||
Salzburg | Oostenryk | 25 | — |
5 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Rusland (RUS) | 68 | 30 | 28 | 22 | 80 |
2 | Duitsland (GER) | 13 | 9 | 5 | 1 | 15 |
3 | Kanada (CAN) | 54 | 7 | 2 | 7 | 16 |
4 | Oekraïne (UKR) | 23 | 5 | 9 | 11 | 25 |
5 | Frankryk (FRA) | 14 | 5 | 3 | 4 | 12 |
6 | Slowakye (SVK) | 16 | 3 | 2 | 2 | 7 |
7 | Japan (JPN) | 20 | 3 | 1 | 2 | 6 |
8 | Verenigde State (VSA) | 74 | 2 | 7 | 9 | 18 |
9 | Oostenryk (AUT) | 13 | 2 | 5 | 4 | 11 |
10 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 12 | 1 | 3 | 2 | 6 |
11 | Noorweë (NOR) | 31 | 1 | 2 | 1 | 4 |
Swede (SWE) | 22 | 1 | 2 | 1 | 4 | |
13 | Spanje (ESP) | 7 | 1 | 1 | 1 | 3 |
14 | Nederland (NED) | 7 | 1 | 0 | 0 | 1 |
Switserland (SUI) | 8 | 1 | 0 | 0 | 1 | |
16 | Finland (FIN) | 13 | 0 | 1 | 0 | 1 |
Nieu-Seeland (NZL) | 3 | 0 | 1 | 0 | 1 | |
18 | Belarus (BLR) | 10 | 0 | 0 | 3 | 3 |
19 | Australië (AUS) | 9 | 0 | 0 | 2 | 2 |
Totaal (19 NPKs) | 417 | 72 | 72 | 72 | 216 |