Die Olimpiese vlam is 'n vuur wat aangesteek word tydens die openingseremonie van die Olimpiese Spele en bly brand tydens die duur van die Spele tot dit tydens die sluitingseremonie uitgedoof word.
Die vlam het sy oorsprong in Olimpia, die plek van die antieke Spele in Griekeland, waar 'n fakkel tydens 'n seremonie aangesteek was deur sonlig met spieëls daarop te konsentreer. Die eerste moderne Spele waar die Olimpiese vlam weer aangesteek was, was die van die IX-Olimpiade in 1928 te Amsterdam.
Na die aansteek van die fakkel, word dit met 'n aflos (maar gedeeltelik ook met vinniger vervoermiddels) vanaf Olimpia deur 'n groot aantal lande na die stadium van die Spele gebring, waar die laaste loper die eer te beurt val om die Olimpiese vlam aan die brand te steek. Die fakkelloop vind vir die eerste keer by die Spele van 1936 te Berlyn plaas.
Die volgende atlete het die Olimpiese vlam vir die Spele aangesteek:
Plek van die Spele | Spele van | Naam van die atleet/atlete |
---|---|---|
Berlyn | 1936 | Fritz Schilgen |
Londen | 1948 | John Marc |
Oslo | 1952 | Eigil Nansen |
Helsinki | 1952 | Hannes Kolehmainen & Paavo Nurmi |
Cortina d'Ampezzo | 1956 | Guido Caroli |
Melbourne | 1956 | Ron Clarke |
Squaw Valley | 1960 | Ken Henry |
Rome | 1960 | Giancarlo Peris |
Innsbruck | 1964 | Josef Rieder |
Tokio | 1964 | Yoshinori Sakaï |
Grenoble | 1968 | Alain Calmat |
Meksikostad | 1968 | Norma Enriqueta Basilio de Sotelo |
Sapporo | 1972 | Hideki Takada |
München | 1972 | Günter Zahn |
Innsbruck | 1976 | Christl Haas & Josef Feistmantl |
Montreal | 1976 | Sandra Henderson & Stéphane Préfontaine |
Lake Placid | 1980 | Charles Morgan Kerr |
Moskou | 1980 | Sergei Belof |
Sarajevo | 1984 | Sanda Dubravčić |
Los Angeles | 1984 | Rafer Johnson |
Calgary | 1988 | Robyn Perry |
Seoel | 1988 | Chung Sun-Man, Kim Won-Tak, Sohn Mi-Chung |
Albertville | 1992 | Michel Platini & François-Cyrille Grange |
Barcelona | 1992 | Antonio Rebello |
Lillehammer | 1994 | Haakon, kroonprins van Noorweë |
Atlanta | 1996 | Muhammad Ali |
Nagano | 1998 | Midori Ito |
Sydney | 2000 | Cathy Freeman |
Salt Lake City | 2002 | Amerikaanse yshokkiespan van 1980 |
Athene | 2004 | Nikolaos Kaklamanakis |
Turyn | 2006 | Stefania Belmondo |
Beijing | 2008 | Li Ning |
Vancouver | 2010 | Steve Nash (binnenshuise pot), Nancy Greene (binnenshuise pot), Wayne Gretzky (binne en buite ketels), Catriona Le May Doan (sluitingseremonie) |
Londen | 2012 | Callum Airlie, Jordan Duckitt, Desiree Henry, Katie Kirk, Cameron MacRitchie, Aidan Reynolds en Adelle Tracey |
Sotsji | 2014 | Wladislaf Tretiak & Irina Rodnina |
Rio de Janeiro | 2016 | Vanderlei Cordeiro de Lima (binnenshuise pot), Jorge Gomes (buitenshuise pot) |
Pyeongchang | 2018 | Yuna Kim |
Tokio | 2020 | Naomi Osaka |
Beijing | 2022 | Dinigeer Yilamujiang & Zhao Jiawen |
Parys | 2024 | nog nie bekend nie |
Milaan en Cortina d'Ampezzo | 2026 | nog nie bekend nie |
Los Angeles | 2028 | nog nie bekend nie |
nog nie bekend nie | 2030 | nog nie bekend nie |
Brisbane | 2032 | nog nie bekend nie |