VIIIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 2002 (Engels: 2002 Winter Paralympics) is tussen 7 en 16 Maart 2002 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied. Tydens die geleentheid het 415 atlete uit 36 nasies aan 92 items in 4 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die agste Paralimpiese Winterspele wat aangebied is en die eerste in Noord-Amerika.
Ragnhild Myklebust van Noorweë het vyf goue medaljes in ski en tweekamp gewen, wat hom die mees suksesvolle Paralimpiese atleet tot nog toe gemaak het met 22 medaljes (17 goues).[2] Die Spele is gehou in die Rice-Eccles-stadion en die amptelike gelukbringer was Otto die otter.
Die Olimpiese Winterspele 2002 is tussen 8 en 24 Februarie in Salt Lake City gehou.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2002 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2002.[3] Salt Lake City is op 16 Junie 1995 in Boedapest deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2002. Ander kandidate was: Östersund, Sion en Quebecstad.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2002[4] | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | |||||
Salt Lake City | Verenigde State | 54 | |||||
Östersund | Swede | 14 | |||||
Sion | Switserland | 14 | |||||
Quebecstad | Kanada | 7 |
Die Spele het bestaan uit vier dissiplines in drie Paralimpiese sportsoorte.[5]
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:
Suid-Afrika het aan hierdie Paralimpiese Winterspele deelgeneem, maar kon geen medaljes verower nie.
Die logo van die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City bestaan uit drie duidelike merke. Die sfeer aan die bokant verteenwoordig die kop van die Paralimpiese atleet en simboliseer ook die wêreldwye eenheid van die Paralimpiese Beweging. Die twee breë "vloeistof"-lyne verteenwoordig die atleet in beweging. Die drie taegeuks (druppelvormige figure) onder die atleet maak die groen, rooi en blou merke van die Paralimpiese vlag na.
Die gelukbringer vir die Paralimpiese Winterspele van 2002 in Salt Lake City was Otto die otter. Antieke Indiaanse stamme het die otter as een van die magtigste diere beskou. Nadat die rivierotter amper uitgesterf het weens besoedeling en lokvalle is dit in Utah herbekendgestel en kan aan die oewers van die Greenrivier en naby die Brandende Ravyn (Flaming Gorge) Reservoir gesien word. Die Otter is gekies as die amptelike gelukbringer van die Salt Lake 2002 Paralimpiese Winterspele omdat dit lewenskrag en behendigheid verpersoonlik en omdat dit die gees van elke Paralimpiër verteenwoordig.
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Duitsland (GER) | 26 | 17 | 1 | 15 | 33 |
2 | Verenigde State (USA) | 57 | 10 | 22 | 11 | 43 |
3 | Noorweë (NOR) | 27 | 10 | 3 | 6 | 19 |
4 | Oostenryk (AUT) | 22 | 9 | 10 | 10 | 19 |
5 | Rusland (RUS) | 26 | 7 | 9 | 5 | 21 |
6 | Kanada (CAN) | 27 | 6 | 4 | 5 | 15 |
7 | Switserland (SUI) | 18 | 6 | 4 | 2 | 12 |
8 | Australië (AUS) | 6 | 6 | 1 | 0 | 7 |
9 | Finland (FIN) | 14 | 4 | 1 | 3 | 8 |
10 | Nieu-Seeland (NZL) | – | 4 | 0 | 2 | 6 |
11 | Italië (ITA) | 14 | 3 | 3 | 3 | 9 |
12 | Spanje (ESP) | – | 3 | 2 | 2 | 7 |
13 | Frankryk (FRA) | 18 | 2 | 11 | 6 | 19 |
14 | Tsjeggië (CZE) | 6 | 2 | 1 | 2 | 5 |
15 | Nederland (NED) | 4 | 1 | 3 | 0 | 4 |
16 | Belarus (BLR) | 4 | 1 | 1 | 0 | 2 |
17 | Pole (POL) | 14 | 1 | 0 | 2 | 3 |
18 | Oekraïne (UKR) | 10 | 0 | 6 | 6 | 12 |
19 | Swede (SWE) | 19 | 0 | 6 | 3 | 9 |
20 | Slowakye (SVK) | 14 | 0 | 3 | 6 | 9 |
21 | Suid-Korea (KOR) | 6 | 0 | 1 | 0 | 1 |
22 | Japan (JPN) | 36 | 0 | 0 | 3 | 3 |
Totaal (22 NPKs) | – | 92 | 92 | 92 | 276 |