Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XVIIe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Somerspele 2024 (Frans: Jeux paralympiques d'été de 2024) sal na verwagting tussen 28 Augustus en 8 September 2024 in Parys, Frankryk, aangebied word.[1] Dit sal die 17de aanbieding van die Paralimpiese Somerspele wees. Dit sal ook die eerste keer wees dat Parys die spele gaan organiseer.
Die opening- en sluitingseremonies sal in die Stade de France in Parys plaasvind. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer Frankryk laaste, maar aangesien die plaaslike taal Frans is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Olimpiese Somerspele 2024 sal tussen 2 en 18 Augustus in Parys gehou word.
As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2024 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2024.[2]
Parys is op 13 September 2017 in Lima deur die Internasionale Olimpiese Komitee as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2024 aangewys. Die enigste ander kandidaat was Los Angeles, maar het hulself voor die stemming onttrek en vir die Olimpiese Somerspele 2028 beskikbaar gestel.[3]
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2024[4] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Parys | Frankryk | eenparig |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Somerspele 2024. |