IXe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 1964 (Duits: Olympische Winterspiele 1964), amptelik bekend as die IXde Olimpiese Winterspele, is tussen 29 Januarie en 9 Februarie 1964 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die ander kandidaatstede was Calgary in Kanada en Lahti in Finland. Die Olimpiese Somerspele 1964 is in Tokio, Japan, aangebied.
Die Spele is bedreig deur 'n gebrek aan sneeu. Die Oostenrykse leër is ingespan om blokke sneeu en ys van hoër in die berge na benede te bring om die bane mee voor te berei.
Innsbruck is op 26 Mei 1959 in München deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1964. Ander kandidate was: Calgary en Lahti.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1964[2] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Innsbruck | Oostenryk | 49 | ||||
Calgary | Kanada | 9 | ||||
Lahti | Finland | 0 |
6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 69 | 11 | 8 | 6 | 25 |
2 | Oostenryk (AUT) | 83 | 4 | 5 | 3 | 12 |
3 | Noorweë (NOR) | 58 | 3 | 6 | 6 | 15 |
4 | Finland (FIN) | 52 | 3 | 4 | 3 | 10 |
5 | Frankryk (FRA) | 24 | 3 | 4 | 0 | 7 |
6 | Duitsland (GER) | 96 | 3 | 3 | 3 | 9 |
7 | Swede (SWE) | 57 | 3 | 3 | 1 | 7 |
8 | Verenigde State (USA) | 89 | 1 | 2 | 4 | 7 |
9 | Kanada (CAN) | 55 | 1 | 1 | 1 | 3 |
10 | Nederland (NED) | 6 | 1 | 1 | 0 | 2 |
11 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 36 | 1 | 0 | 0 | 1 |
12 | Italië (ITA) | 61 | 0 | 1 | 3 | 4 |
13 | Noord-Korea (PRK) | 13 | 0 | 1 | 0 | 1 |
14 | Tsjeggo-Slowakye (TCH) | 46 | 0 | 0 | 1 | 1 |
Total (14 NOKs) | 745 | 34 | 39 | 31 | 104 |
((cite book))
: |work=
ignored (hulp)Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 1964. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |