Spele van die XXIVe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1988 (Koreaans: hangoel: 서울 하계 올림픽; hanja: 서울 夏季 올림픽; Seoul Hagye Ollimpik), amptelik bekend as die Spele van die XXIVste Olimpiade, is tussen 17 September en 2 Oktober 1988 in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Seoel is in 1981 tydens 'n kongres in Baden-Baden verkies (bo die Japannese stad Nagoja).
Dit was naas die Olimpiese Somerspele van 1964 in Tokio die tweede Somerspele, wat in Asië beslis is en die laaste, wat tydens die Koue Oorlog plaasgevind het. Tydens die spele het twee van die wêreld se dominante sportnasies vir die laaste keer deelgeneem, die Duitse Demokratiese Republiek en die Sowjetunie; albei lande is nog voor die volgende spele ontbind.
Noord-Korea (ondersteun deur sy bondgenoot Kuba), wat hom sedert die Korea-oorlog nog steeds in staat van oorlog met die suide bevind, het die spele geboikot; die laaste boikot van Olimpiese spele. Dit was ook die laaste spele waar Suid-Afrika weens sy Apartheidsbeleid nie kon deelneem nie. Ethiopië, Albanië en die Seychelle het nie op die IOK se uitnodigings gereageer nie.[4] Nicaragua het as gevolg van atletiese en finansiële oorwegings nie deelgeneem nie.[5] Die deelname van Madagaskar is verwag, maar dié land het weens finansiële redes onttrek.[6]
Die Olimpiese Winterspele 1988 is in Calgary, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1988 is tussen 15 en 24 Oktober in Seoel gehou.
Seoel is op 30 September 1981 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1988. Die enigste ander kandidaat was Nagoja.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1988[7] | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Rondte 1 | ||||
Seoel | Suid-Korea | 52 | ||||
Nagoja | Japan | 27 |
23 Olimpiese sportsoorte in 237 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 241 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
31 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1988 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Jamsil Bofbalstadion | Bofbal (demonstrasie) | 30 306 |
Jamsil Gimnasium | Basketbal, Vlugbal (eindstryd) | 13 409 |
Jamsil Binnenshuise swembad | Sierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Gesinchroniseerde swem, Waterpolo | 8 000 |
Jamsil Studentegimnasium | Boks | 7 500 |
Olimpiese Stadion Seoel | Atletiek, Ruitersport (individuele springeindstryd), Sokker (eindstryd) | 69 950 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Mongchon Tosong | Moderne vyfkamp (hardloop) | 10 000 |
Olimpiese Skermgimnasium | Skermsport, Moderne vyfkamp (skermsport) | 7 000 |
Olimpiese Gimnastieksaal | Gimnastiek | 14 730 |
Olimpiese Tennissentrum | Tennis | 15 000 |
Olimpiese Velodrome | Fietsry (baan) | 6 000 |
Olimpiese Gewigoptelgimnasium | Gewigoptel | 4 000 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Busan Seiljagsentrum | Seilvaart | 80 |
Hanrivier Regattakursus/Kanoterrein | Kanovaart, Roei | 25 000 |
Hanyang Universiteitsgimnasium | Vlugbal (groepuitdunne) | 8 000 |
Saemaul Sportsaal | Vlugbal (groepuitdunne) | 4 500 |
Sangmu Gimnasium | Stoei | 5 000 |
Seoel Ruitersportpark | Ruitersport (alle gebeure behalwe vir die individuele springeindstryd), Moderne vyfkamp (perdry) | 30 000 |
Seoel Nasionale Universiteitsgimnasium | Pluimbal (demonstrasie), Tafeltennis | 5 000 |
Suwon Gimnasium | Handbal | 6 000 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Hwarang Boogskietveld | Boogskiet | 1 200 |
Jangchung Gimnasium | Judo, Taekwondo (demonstrasie) | 7 000 |
Koninklike Bowling-sentrum | Bowling (demonstrasie) | Nie gelys nie |
Seongnam-stadion | Veldhokkie | 23 262 |
Strate van Seoel | Atletiek (20 km/50 km-loop, maraton) | Nie gelys nie |
Taenung Internasionale Skietbaan | Moderne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet | 2 505 |
Tongillo Padkursus | Fietsry (individuele padwedloop, padspan tydtoets) | 800 |
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
Busan Gudeok-stadion | Sokker (groepuitdunne) | 30 000 |
Daegu Burgerlike Stadion | Sokker (groepuitdunne) | 23 278 |
Daejeon Hanbat-stadion | Sokker (groepuitdunne) | 30 000 |
Dongdaemun-stadion | Sokker (groepuitdunne) | 26 383 |
Gwangju-stadion | Sokker (groepuitdunne) | 30 000 |
Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS | Openingseremonie | ● | Wedstryde | 1 | Wedstryde met medaljes | SS | Sluitingseremonie |
Datum | September | Oktober | ||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
1 Sa |
2 So | |
Atletiek | 3 | 3 | 5 | 8 | 5 | 4 | 4 | 9 | 1 | |||||||
Basketbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||
Boks | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | |
Boogskiet | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||||||||
Fietsry | 1 | 1 | ● | 1 | ● | 4 | 1 | 1 | ||||||||
Gesinchroniseerde swem | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||||||||||
Gewigoptel | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||
Gimnastiek | ● | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | 6 | 4 | ● | 1 | ||||||
Handbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | ||||
Judo | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | 1 | |||||||||
Kanovaart | ● | ● | ● | ● | 6 | 6 | ||||||||||
Moderne vyfkamp | ● | ● | ● | ● | 2 | |||||||||||
Roei | ● | ● | ● | ● | ● | 7 | 7 | |||||||||
Ruitersport | ● | ● | ● | 2 | ● | 1 | 2 | 1 | 1 | |||||||
Seilvaart | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 8 | |||||||||
Sierduik | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ● | 1 | ||||||||
Skermsport | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ● | 1 | 1 | 1 | 1 | ||||||
Skyfskiet | 2 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 2 | |||||||||
Sokker | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ||||||
Stoei | ● | ● | 3 | 4 | 3 | ● | ● | 3 | 3 | 4 | ||||||
Swem | ● | 4 | ● | 5 | 5 | 5 | 6 | 6 | ||||||||
Tafeltennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | |||||||
Tennis | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 2 | 2 | ||||
Veldhokkie | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | 1 | |||
Vlugbal | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | ● | ● | 1 | |
Waterpolo | ● | ● | ● | ● | ● | ● | 1 | |||||||||
Totaal | 0 | 5 | 7 | 9 | 14 | 17 | 12 | 30 | 26 | 9 | 15 | 9 | 11 | 36 | 37 | 9 |
Seremonies | OS | SS | ||||||||||||||
Datum | 17 Sa |
18 So |
19 Ma |
20 Di |
21 Wo |
22 Do |
23 Vr |
24 Sa |
25 So |
26 Ma |
27 Di |
28 Wo |
29 Do |
30 Vr |
1 Sa |
2 So |
September | Oktober |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sowjetunie (URS) | 514 | 55 | 31 | 46 | 132 |
2 | Oos-Duitsland (GDR) | 291 | 37 | 35 | 30 | 102 |
3 | Verenigde State (USA) | 615 | 36 | 31 | 27 | 94 |
4 | Suid-Korea (KOR) | 467 | 12 | 10 | 11 | 33 |
5 | Wes-Duitsland (FRG) | 404 | 11 | 14 | 15 | 40 |
6 | Hongarye (HUN) | 203 | 11 | 6 | 6 | 23 |
7 | Bulgarye (BUL) | 186 | 10 | 12 | 13 | 35 |
8 | Roemenië (ROU) | 64 | 7 | 11 | 6 | 24 |
9 | Frankryk (FRA) | 309 | 6 | 4 | 6 | 16 |
10 | Italië (ITA) | 286 | 6 | 4 | 4 | 14 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1988. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |