Spele van die IIe Olimpiade | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Somerspele 1900 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1900), amptelik bekend as die Spele van die IIde Olimpiade, is in 1900 in Parys, Frankryk, as deel van die Wêreldtentoonstelling gehou.[4] Ondanks Griekse pogings om die Spele permanent in Griekeland te laat plaasvind, besluit die Internasionale Olimpiese Komitee om die Spele elke keer na 'n ander land te skuif. Vroue het vir die eerste keer aan kompetisies tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.
In teenstelling met die Olimpiese Somerspele 1896 was hierdie spele nie 'n groot sukses nie. Die sportplekke was oor die hele Paryse stadsgebied versprei en wedstryde is tydens die hele Wêreldtentoonstelling aangebied met lang onderbrekings daartussen. Die Olimpiese Somerspele is nie as sulks benoem nie en amptelik Concours Internationaux d’Exercices Physiques et de Sports ("Internasionale kompetisies vir Liggaamlike Opvoeding en Sport") genoem. Sommige atlete het eers jare later of nooit besef nie, dat hulle aan 'n Olimpiese Spele deelgeneem het.
19 Olimpiese sportsoorte in 95 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 122 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.
Sewe sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1900 gebruik:
Stadion | Sporte | Kapasiteit |
---|---|---|
7de arrondissement van Parys | Ruitersport | Nie gelys nie |
Bois de Boulogne | Kroket, Polo, Toutrek | Nie gelys nie |
Bois de Vincennes | Boogskiet | Nie gelys nie |
Boulogne-Billancourt | Skyfskiet | Nie gelys nie |
Compiègne | Gholf | Nie gelys nie |
Croix-Catelan-stadion | Atletiek | Nie gelys nie |
Le Havre | Seilvaart | Nie gelys nie |
Meulan-en-Yvelines | Seilvaart | Nie gelys nie |
Neuilly-sur-Seine | Baskiese pelote | Nie gelys nie |
Puteaux | Tennis | Nie gelys nie |
Satory | Skyfskiet | Nie gelys nie |
Seine | Roei, Swem en Waterpolo | Nie gelys nie |
Tuileries Garden | Vegkuns | Nie gelys nie |
Vélodrome de Vincennes | Krieket, Fietsry, Sokker, Gimnastiek en Rugby | Nie gelys nie |
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Daarbenewens vermeld sommige bronne deelnemende atlete van die volgende nasies:
Hier is die top tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Frankryk (FRA) | 715 | 26 | 41 | 34 | 101 |
2 | Verenigde State (USA) | 75 | 19 | 14 | 14 | 47 |
3 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 102 | 15 | 6 | 9 | 30 |
4 | Gemengde span (ZZX) | 23 | 6 | 3 | 3 | 12 |
5 | Switserland (SUI) | 16 | 6 | 2 | 1 | 9 |
6 | België (BEL) | 57 | 5 | 5 | 5 | 15 |
7 | Duitse Keiserryk (GER) | 76 | 4 | 2 | 2 | 8 |
8 | Italië (ITA) | 25 | 2 | 2 | 0 | 4 |
9 | Australië (AUS) | 2 | 2 | 0 | 3 | 5 |
10 | Denemarke (DEN) | 13 | 1 | 3 | 2 | 6 |
Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Somerspele 1900. |
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |