Die 5de Dinastie van Antieke Egipte (ook Dinastie V geskryf) word dikwels saam met die 3de, 4de en 6de Dinastie groepeer as die Ou Ryk. Die 5de Dinastie het geduur van omstreeks 2494 tot 2345 v.C.
Volgens Manetho het dié farao's vanaf Elephantine regeer, maar argeoloë het duidelike bewyse gevind dat hul paleise steeds in Memphis was.
Die bekendste heersers van die 5de Dinastie was:[1][2]
Farao | Troonnaam | Bewind | Hoofstad | Graftombe |
---|---|---|---|---|
Oeserkaf | Irimaat | 2494 – 2487 v.C. | Memphis | In Saqqara |
Sahoere | Nebchaoe | 2487 – 2475 v.C. | Memphis | In Aboesir |
Neferirkare | Neferirkare | 2475 – 2455 v.C. | Memphis | Moontlik in Aboesir |
Sjepseskare | Sjepseskare | 2455 – 2448 v.C. | Memphis | Moontlik in Aboesir |
Neferefre | Neferchaoe | 2448 – 2445 v.C. | Memphis | "Onvoltooide Piramide" in Aboesir |
Nioeserre | Nioeserre | 2445 – 2421 v.C. | Memphis | In Aboesir |
Menkaoehor | Menkaoehor | 2421 – 2414 v.C. | Memphis | "Koplose Piramide" in Saqqara |
Djedkare | Djedkare | 2414 – 2375 v.C. | Memphis | In Saqqara |
Oenas | Wadjtawy | 2375 – 2345 v.C. | Memphis | In Saqqara |
Voorafgegaan deur ← 4de Dinastie |
5de Dinastie | Opgevolg deur 6de Dinastie → |