Die 16de Dinastie (ook Dinastie XVI geskryf) was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk 70 jaar lank[1] oor die Thebaanse streek in Bo-Egipte regeer het.[1][2]
In dié tydperk (omstreeks 1650 tot 1580 v.C.) is Bo- en Benede-Egipte verdeel tussen die farao's van Thebe en die Hyksos-konings van die 15de Dinastie by Avaris.
Die voortdurende oorlog teen die 15de Dinastie het die kort bestaan van die 16de Dinastie oorheers. Die soldate van die 15de Dinastie het dorp vir dorp van hul vyande in die suide verower. Hulle het ’n al hoe groter deel van die 16de Dinastie se gebied oorgeneem totdat hulle eindelik Thebe self bedreig en eindelik verower het.
Hongersnood, wat Bo-Egipte ook tydens die 13de en 14de Dinastie geteister het, het voortgeduur tydens die 16de Dinastie, veral met die bewind van Neferhotep III.[1]
Die tradisionele lys heersers van die 16de Dinastie groepeer konings wat waarskynlik leenhere van die Hyksos was, saam. Van hulle het Semitiese name soos Semqen en Anat-her gehad. Die lys verskil van geleerde tot geleerde. Die lys hieronder is volgens Jürgen von Beckerath.[3]
Farao | Bewind | Notas | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
'Anat-Har | Moontlik ’n prins van die 15de Dinastie of ’n Kanaän-hoofman van die tyd van die 12de Dinastie | ||||||||||||||||||
'Aper-'Anati | Kan tot die 15de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Semqen | Kan tot die 15de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Sakir-Har | Kan tot die 15de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Apepi | Kan dieselfde wees as die Hyksos-heerser Apepi | ||||||||||||||||||
Maaibre Sjesji | Kan tot die 14de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Yaqoeb-Har | Kan tot die laat 14de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Jamoe | |||||||||||||||||||
Jakebmoe | |||||||||||||||||||
Amoe | |||||||||||||||||||
Sneferanchre Pepi III | |||||||||||||||||||
Hepoe | |||||||||||||||||||
Anati | |||||||||||||||||||
Bebnoem | |||||||||||||||||||
Nebmaare | Kan tot die 17de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Aahotepre | Kan dieselfde persoon as 'Ammoe wees | ||||||||||||||||||
Anetrire | |||||||||||||||||||
Meribre | |||||||||||||||||||
Noebanchre | Betwis | ||||||||||||||||||
Nikare II | Betwis | ||||||||||||||||||
[...]kare | |||||||||||||||||||
[...]kare | |||||||||||||||||||
[...]kare | |||||||||||||||||||
Sjarek | |||||||||||||||||||
Wazad | Kan tot die 14de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Qar | Dalk Qareh; kan tot die 14de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Sjenes | Waarskynlik Sjeneh eerder as Sjenes; kan tot die 14de Dinastie behoort | ||||||||||||||||||
Inek | |||||||||||||||||||
'A[...] | |||||||||||||||||||
'Ap[epi] | |||||||||||||||||||
Hibe | |||||||||||||||||||
Aped | Naam onseker | ||||||||||||||||||
Hapi | |||||||||||||||||||
Sjemsoe | |||||||||||||||||||
Meni[...] | |||||||||||||||||||
Werqa |
In sy 1997-studie van die Tweede Oorgangstydperk meen die Deense Egiptoloog Kim Ryholt dat die 16de Dinastie ’n onafhanklike Thebaanse koninkryk was. Volgens hom was daar 15 konings, waarvan sommige bevestig word deur bronne uit dié tyd.[2] Ryholt lys die konings soos hier onder.[4]
Farao | Bewind | Notas | |||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Onbekend | 1649–1648 v.C. | Naam verlore in die Turynse koningslys | |||||||||||||||||
Djehoeti | 1648–1645 v.C. | ||||||||||||||||||
Sobechotep VIII | 1645–1629 v.C. | ||||||||||||||||||
Neferhotep III | 1629–1628 v.C. | ||||||||||||||||||
Seanchenre Mentoehotepi | 1628–1627 v.C. | ||||||||||||||||||
Nebiryraw I | 1627–1601 v.C. | ||||||||||||||||||
Nebiriaoe II | 1601 v.C. | ||||||||||||||||||
Semenre | 1601–1600 v.C. | ||||||||||||||||||
Seoeserenre Bebianch | 1600–1588 v.C. | ||||||||||||||||||
Sechemre Sjedwast | 1588 v.C. | ||||||||||||||||||
Onbekend | 1588–1582 v.C. | Vyf konings se name verlore |
Voorafgegaan deur ← 15de Dinastie |
16de Dinastie | Opgevolg deur 17de Dinastie → |