Dr. A.J. Stals.

Die Stalspryse is ’n prys deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies by voorkeur in Afrikaans, asook vir indiwiduele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word. Sedert 1969 kan dit net een maal aan ’n persoon toegeken word. Die Stalspryse se ontstaan kan teruggevoer word tot Jaarvergaderings in die dertigerjare waar die behoefte uitgespreek is aan ’n prys, soortgelyk aan die Hertzogprys, vir hoogstaande wetenskaplike prosa in die geesteswetenskappe in Afrikaans. In 1942 het die Akademieraad besluit dat die Hertzogprys om die helfte verdeel word tussen bellettrie en sulke “wetenskaplike prosageskrifte”. So kry prof. J. du P. Scholtz in 1943 die Hertzogprys vir Wetenskaplike Prosa vir Die Afrikaner en sy taal, en dr. Coenraad Beyers in 1944 vir Die Kaapse Patriotte. (In 1942 is die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegniek tot die Akademie toegevoeg en versoeke is deur dié Fakulteitsraad gerig dat ook natuurwetenskaplike werke vir die Hertzogprys in aanmerking moes kom.)

Hierdie reëling was onbevredigend en in 1946 besluit die Akademieraad om ’n aparte “Akademieprys vir Geesteswetenskappe” in te stel. In 1955 word die naam verander na Stalsprys vir Geesteswetenskappe, genoem na wyle dr. A.J. Stals, Minister van Onderwys en Gesondheid in die eerste Malan-kabinet.

Sommige vakgebiede wat vroeër by die Stalsprys geressorteer het, het intussen ’n eie tuiste gevind: Regswetenskap (die Toon van den Heeverprys), Taalwetenskap (die C.J. Langenhovenprys) en Literatuurwetenskap (die Gustav Prellerprys). In 1980 is die Stalsprys vir Teologie vervang deur die Totiusprys.

Lys van wenners

Bron

Verwysings

  1. "Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2014" (html). Litnet. 28 Maart 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 Julie 2016.
  2. "Akademiepryse 2015" (pdf). SA Akademie. 2015. Besoek op 1 Julie 2016.[dooie skakel]
  3. "Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2016" (html). Litnet. 31 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 1 April 2016.
  4. "Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Bekronings 2017" (html). Litnet. 30 Maart 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 31 Maart 2017.
  5. Prinsloo, Dionē (13 April 2018). "SA Akademiepryse 2018" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 21 Desember 2018. Besoek op 20 Mei 2019.
  6. Prinsloo, Dionē (12 April 2019). "Mediaverklaring" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (pdf) op 1 Mei 2019. Besoek op 20 Mei 2019.
  7. "SA Akademie-pryse vir 2020 toegeken". Maroela Media. 21 Mei 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 22 Mei 2020.
  8. "SA Akademiepryse 2021" (PDF). SA Akademie. 16 April 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Mei 2021. Besoek op 6 Mei 2021.