Boetie gaan border toe! | |
---|---|
Regisseur | Regardt van den Bergh |
Produksieleier | Philo Pieterse |
Draaiboek | Johan Coetzee, Cor Nortjé |
Met | Arnold Vosloo Eric Nobbs Frank Dankert |
Musiek deur | Danny Antill |
Kinematografie | Desmond Burmeistee |
Redigeerder | Valma Muir |
Verspreider | Ster-Kinekor |
Uitgereik | 1984 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Opgevolg deur | Boetie op manoeuvres |
IMDb-profiel |
Boetie gaan border toe! is 'n baanbrekende[1] Afrikaanse rolprent wat in 1984 vrygestel is. Dit is 'n vollengte fliek met ’n destyds byderwetse styl oor 'n jong man (gespeel deur Arnold Vosloo) wat weermag toe gaan en daar volwasse word. Die Suid-Afrikaanse Weermag het met die produksie van die fliek gehelp.[2] Die film is al as gesofistikeerde regeringspropaganda beskryf,[3][4] en word ook as oorlogsromantisering gekritiseer.[5] Die regie is deur Regardt van den Bergh behartig.
Die rolprent is 'n komedie.
Boetie probeer om sy diensplig vry te spring, maar word deur sy pa omgekoop. Alhoewel hy aanvanklik weerstand teen militêre dissipline bied, gaan hy oor tot kameraadskap met sy mede-soldate deur die intense basiese opleiding en hulle daaropvolgende aksie in die grensoorlog by Angola.[3]