Regardt van den Bergh | |
Geboorte | 2 September 1952 Johannesburg |
---|---|
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur Rolprentregisseur Draaiboekskrywer |
Webwerf | regardtvandenbergh.com |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Regardt van den Bergh (gebore 2 September 1952) is 'n Suid-Afrikaanse akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer.[1]
Van den Bergh is op 2 September 1952 in Johannesburg, Suid-Afrika, gebore. Hy begin sy skoolloopbaan aan die Laerskool Louw Geldenhuys in Linden en matrikuleer aan die Hoërskool Linden.
Sy ouers, Gert van den Bergh en Dulcie van den Bergh was albei akteurs. Hy was met die aktrise Jana Cilliers getroud. Twee dogters, Lika en Leán is uit die huwelik gebore. Ná hul egskeiding is hy getroud met nog 'n aktrise, Clara Joubert. Lika Berning en haar man, Clyde, speel albei ook toneel en het onder meer saam op die silwerdoek verskyn in die liefdesdrama Uitvlucht (2016), waarvan Van den Bergh die regie behartig het.
Akteur — film en televisie | ||||
---|---|---|---|---|
Jaar | Titel | Rol | Genre | Notas |
1968 | Die Kandidaat | Kallie | drama | |
1971 | Plekkie in die son | Die dokter | drama | |
1975 | Eendag op 'n Reëndag | Paul | roman | |
1979 | Wat Jy Saai | Dr. Fritz Krynauw | drama | |
1979 | Elsa se Geheim | drama | ||
1981 | Blink Stefaans | Fanus en Blink Stefaans | komedie | |
1992 | Die Storie van Klara Viljee | Dawid die skoolhoof | drama | |
1997 | Mandela and De Klerk | Magnus Malan | drama | TV-film |
Regisseur — film | |||
---|---|---|---|
Jaar | Titel | Genre | Notas |
1984 | Boetie Gaan Border Toe! | komedie | |
1984 | Vyfster | drama | TV-reeks |
1990 | Circles in a Forest | drama | |
1992 | The Sheltering Desert | drama/avontuur-film | |
2006 | Faith Like Potatoes | drama | |
2008 | Hansie | Familie/sports-film | |
2010 | League of Glory | TV-reeks | |
2010 | Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom | Familie/avontuur-film | |
2013 | Klein Karoo | Romantiese komedie | |
2016 | Verskietende Ster | Drama | |
2016 | Uitvlucht | Liefdesdrama |