Lien se lankstaanskoene | |
---|---|
Regisseur | André Odendaal |
Produksieleier | Gustav Kuhn en Konrad Kuhn |
Draaiboek | Derick van der Walt (boek) Saartjie Botha (draaiboek) |
Met | Carmen Pretorius Franci Swanepoel Tiaan Kelderman Jacques Gombault |
Musiek deur | Benjamin Willem |
Kinematografie | Justus de Jager |
Redigeerder | C.A. van Aswegen |
Ateljee | Spookasem Films |
Uitgereik | 3 Mei 2013 |
Speeltyd | 94 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Lien se lankstaanskoene is 'n Afrikaanse rolprent wat op 3 Mei 2013 uitgereik is. Dit is gebaseer op die gelyknamige boek deur Derick van der Walt (ISBN 9780624046684), waarvoor hy die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (goud) ontvang het. Die film is deur kykNET gefinansier en deur Spookasem Films vervaardig. Dit is in beide Ster-Kinekor en Nu Metro se teaters vertoon.
Die rolprent is 'n drama. Dit het 'n 10-12 ouderdomsperk.
Lien is die kind in 'n disfunksionele huishouding. Nadat die gesin se status van welgesteld tot brandarm verander, moet Lien uitspring om brood op die tafel te sit. Die wyse waarop sy op haar uitdagings reageer, help haar om te groei, haar roeping te vind en vrede met haar verlede te maak.