Krieket Hongkong | |
---|---|
Kenteken van Krieket Hongkong
| |
Engelse naam | Cricket Hong Kong |
Afkorting | CHK |
Chinese naam | 香港板球 |
Land | Hongkong |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1968 |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1969 |
Vastelandse beheerliggaam | Asiatiese Krieketraad |
Voorsitter | Tony Melloy |
Setel | Causeway-baai op Hongkong-eiland, Hongkong, Volksrepubliek China |
Amptelike tale | Engels en Chinees |
Amptelike webwerf | hkcricket.org |
Krieket Hongkong (Engels: Cricket Hong Kong, afgekort “CHK”; Chinees: 香港板球, Pinyin: Xiānggǎng Bǎnqiú, Jyutping: Hoeng1gong2 Baan2kau4), tot in 2016 bekend as die Hongkongse Krieketvereniging (Engels: Hong Kong Cricket Association, “HKCA”), is die bestuursliggaam wat krieket in die spesiale administratiewe streek van die Volksrepubliek China Hongkong beheer. Die beheerliggaam is in 1968 gestig en in Causeway-baai op Hongkong-eiland gesetel. Sedert 1969 verteenwoordig dit Hongkong by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en sedert 1983 ook by die Asiatiese Krieketraad (Asian Cricket Council, ACC).
Krieket Hongkong is in 1968 as die Hongkongse Krieketvereniging gestig. Een jaar later het dit ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR) geword.[1] Daarbenewens het die CHK in 1983 ’n lid van die Asiatiese krieketkonferensie (Asian Cricket Conference, ACC; nou Asiatiese Krieketraad) geword.[2]
Krieket Hongkong organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Hongkong se nasionale seniorkrieketspan vir mans, vroue en jeug. Hulle is ook verantwoordelik vir die bestuur en organisasie van T20I-reekse teen ander spanne, en vir die reëling van internasionale wedstryde tuis. Daarbenewens is Krieket Hongkong verantwoordelik vir inkomsteverkryging deur die verkoop van kaartjies, borgskappe en uitsaairegte, veral in verband met die Hongkongse span.
Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugkrieket in Hongkong. Net soos ander krieketlande beskik Hongkong oor ’n o/19-nasionale span wat aan die o/19-krieketwêreldbeker deelneem.[3]
Krieket Hongkong se kenteken toon ’n gestileerde vyfblaarblom van die hongkongboomorgidee (Bauhinia × blakeana) in rooi met die belettering Cricket Hong Kong in Engels en 香港板球 in Chinees. Die kenteken is aan die vlag van Hongkong ontleen.
Nasionale Krieketrade van die Internasionale Krieketraad | ||
---|---|---|
Afrika | Botswana • Eswatini • Gambië • Ghana • Kameroen • Kenia • Lesotho • Malawi • Mali • Marokko • Mosambiek • Namibië • Nigerië • Rwanda • Seychelle • Sierra Leone • Sint Helena • Suid-Afrika • Tanzanië • Uganda • Zambië • Zimbabwe | |
Amerikas | Argentinië • Bahamas • Belize • Bermuda • Brasilië • Chili • Costa Rica • Falkland-eilande • Kaaimanseilande • Kanada • Meksiko • Panama • Peru • Suriname • Turks- en Caicoseilande • Wes-Indië • Verenigde State | |
Asië | Afghanistan • Bahrein • Bangladesj • Bhoetan • Hongkong • Indië • Iran • Kambodja • Katar • Koeweit • Maleisië • Maledive • Mianmar • Mongolië • Nepal • Oesbekistan • Oman • Pakistan • Saoedi-Arabië • Singapoer • Sri Lanka • Tadjikistan • Thailand • Verenigde Arabiese Emirate • Volksrepubliek China | |
Europa | België • Bulgarye • Denemarke • Duitsland • Eiland Man • Engeland • Estland • Finland • Frankryk • Gibraltar • Griekeland • Guernsey • Hongarye • Ierland • Israel • Italië • Jersey • Kroasië • Luxemburg • Malta • Nederland • Noorweë • Oostenryk • Portugal • Roemenië • Serwië • Siprus • Skotland • Slowenië • Spanje • Swede • Switserland • Tsjeggië • Turkye | |
Oos-Asië-Pasifiek | Australië • Cookeilande • Fidji • Filippyne • Indonesië • Japan • Nieu-Seeland • Papoea-Nieu-Guinee • Samoa • Suid-Korea • Vanuatu | |
Vetdruk dui op volle lede en skuinsdruk op assosiaatlede met huidige of voormalige EDI-status asook kriekettoernooi-ervaring |