Die Groot Suiwering (Russies: Большая чистка, Bolsjaja tsjistka) was ’n groot heksejag in die Sowjetunie om die land te "suiwer" van Josef Stalin se vermeende teenstanders (sowel persoonlik as polities, en soms hele groepe mense). Die moord op Sergei Kirof op 1 Desember 1934 het die Groot Suiwering ingelui.
Stalin se voorbeeld was Adolf Hitler, wat in dieselfde jaar die Naziparty van teenstanders gesuiwer het.
Kort ná Kirof se dood het Stalin ’n noodwet afgekondig (die Kirofwet op 1 Desember) wat die basis gevorm het van willekeurige terreur sonder enige skyn van wetlikheid. Volgens die wet sou ondersoeke in 10 dae of minder afgesluit word; die akte van beskuldiging sou 24 uur voor die verhoor aan die beskuldigde oorhandig word; as die doodstraf opgelê is, sou dit onmiddellik ná die uitspraak uitgevoer word.[1] Talle dodelyste is deur verskeie politici en NKWD-hoofde opgestel van mense wat verhoor moes word.
Binne drie jaar is twee miljoen mense kragtens dié wet tereggestel of na die Goelag gestuur.[2] Die slagoffers het ingesluit voormalige opposisieleiers binne die Kommunistiese Party, premiers, partyleiers van die Sowjet-deelrepublieke, intellektuele, offisiere, kunstenaars, regses en hul familielede, vriende en naamgenote. Ook gewone burgers wat willekeurig gekies is en etniese minderhede het slagoffers van die Groot Suiwering geword. Sommige etniese groepe is ook gedeeltelik of in hul geheel na afgeleë gebiede in Sentraal-Asië en Siberië verban en talle het op pad daarheen gesterf. Ná Stalin se dood is dié etniese minderhede toegelaat om terug te keer.
Die suiwering het ook ’n groot invloed gehad op die Rooi Leër, wat baie offisiere verloor het – onder andere drie van sy vyf maarskalke. Tussen 1937 en 1939 is sowat 35 000 offisiere ontslaan, aangehou of vermoor. In dié tyd is ook 5 van die 15 lede van die Politburo, 98 van die 139 lede van die Sentrale Komitee en 1 108 van die 1 966 afgevaardigdes van die 17de partykongres (1934) gearresteer en veroordeel.
Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is talle massagrafte met tereggestelde slagoffers van die Groot Suiwering ontdek.[3][4][5][6] Sommige, soos dié by Koerapati naby Minsk en Bikiwnija naby Kiëf, het tot 200 000 lyke bevat.[7]
In 2007 is een so ’n terrein, by die Boetowo-gevangenis naby Moskou, ingerig as ’n gedenkteken vir die slagoffers van Stalinisme. Van Augustus 1937 tot Oktober 1938 is meer as 20 000 mense daar geskiet en begrawe.[8]
((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)((cite book))
: Ongeldige |ref=harv
(hulp)