William R. Pogue | |
---|---|
Gebore | William Reid Pogue 23 Januarie 1930 Okemah, Oklahoma |
Sterf | 3 Maart 2014 (op 84) Cocoa Beach, Florida |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder |
Webwerf | williampogue.com |
Handtekening | |
William Reid "Bill" Pogue (23 Januarie 1930 – 3 Maart 2014) was 'n Amerikaanse ruimtevaarder, Amerikaanse Lugmag vegvlieënier (rang Kolonel) en toetsvlieënier. Hy was ook 'n bekwame onderwyser, openbare spreker en outeur. Hy was deel van die Ruimtevaardergroep 5-inname. Eers was hy deel van die ondersteuningspanne vir Apollo 7, Apollo 11 en Apollo 14. Hy word aangestel as bevelvoerder van Apollo 19 se beheermodule maar nadat die missie gekanselleer is, word hy toegewys aan die Skylab-program. Hy neem deel aan die laaste Skylabvlug.