Die veranderlike ster Eta Carinae, wat in die Carina-newel lê.

’n Ster word as ’n veranderlike ster geklassifiseer wanneer sy skynbare helderheid, soos van die Aarde af gesien, wisselvallig is. Soms is dit vanweë die werklike helderheid van die ster en ander kere vanweë die hoeveelheid lig wat versper word voor dit die Aarde bereik. Baie sterre, waarskynlik die meeste, het die een of ander vorm van wisseling in helderheid: die lig van ons Son wissel byvoorbeeld met sowat 0,1% oor ’n siklus van elf jaar.

Veranderlike sterre, ook net veranderlikes genoem, word as twee soorte geklassifiseer:

Die nuutste uitgawe van die General Catalogue of Variable Stars (2008) lys meer as 46 000 veranderlike sterre in die Melkweg, sowel as 10 000 in ander sterrestelsels en meer as 10 000 "vermoedelike" veranderlikes.

...lees verder