Gebruik | Burgerlike- en Staatsvlag |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 7 September 2009[1] |
Ontwerp | ’n Enkele blou baan met ’n geel gestileerde kano onder seil en ’n Suiderkruismotief in vier vyfpuntige sterre aan die vlagpaalkant. |
Die vlag van die Tokelau, amptelik deel van Nieu-Seeland, is op 7 September 2009 in gebruik geneem. Die vlag van Nieu-Seeland word amptelik op die eiland gebruik. Die vlag vertoon ’n enkele blou baan met ’n geel gestileerde kano onder seil en ’n Suiderkruismotief in vier vyfpuntige sterre aan die vlagpaalkant.
’n Alternatiewe en nie-amptelike vlag is opgemerk.[1] Die drie sterre in hierdie vlag stel die drie atols wat Tokelau opmaak, voor.
In Junie 2007 het die streeksparlement (Algemene Fono) ’n besluit geneem oor die toekoms van die vlag, lied en nasionale simbool van Tokelau.[2] Die voorgestelde vlag het ’n gestileerde Polinesiese kano en vier sterre uitgebeeld. Die sterre stel die drue hoofeilande en Swainseiland wat deur die VSA (Amerikaans-Samoa) geadministreer word maar wat deur Tokelau opgeëis word. Aangesien die vereiste supermeerderheid nie in 2007 behaal is vir selfregering nie, is die vlag nie amptelik aanvaar nie.
In Mei 2008 het die Algemene Fono die finale weergawes van die nasionale simbole van Tokelau goedgekeur. Die goedgekeurde vlagontwerp is gebaseer op die 2007-voorstel met klein veranderinge aan die plasing van die sterre in ’n Suiderkruisformasie eerder as ’n geografiese voorstelling van die eilande.[3] ’n Nasionale embleem is ook goedgekeur.
Die Goewerneur-generaal het op 7 September 2009 die vlag aan die Ulu ingedien as Tokelau se eerste amptelike vlag. ’n Amptelike bekendstelling van die nuwe vlag is vir Oktober 2009 beplan.[4]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Tokelau. |
Soewereine state | Australië · Fidji · Gefedereerde State van Mikronesië · Indonesië1 · Kiribati · Marshalleilande · Nauru · Nieu-Seeland · Oos-Timor (Timor Leste)1 · Palau · Papoea-Nieu-Guinee · Samoa · Salomonseilande · Tonga · Tuvalu · Vanuatu | |
---|---|---|
Afhanklike- en ander gebiede | Kerseiland / Kokoseilande / Lord Howe-eiland / Norfolkeiland (Australië) · Paaseiland (Chili) · Frans-Polinesië / Nieu-Kaledonië / Wallis en Futuna (Frankryk) · Chathameilande / Cookeilande / Niue / Tokelau (Nieu-Seeland) · Pitcairneilande (Verenigde Koninkryk) · Amerikaans-Samoa / Guam / Hawaii / Johnston-atol / Midway-atol / Wake-eiland / Noordelike Mariana-eilande (Verenigde State) | |