Virtuele Instituut vir Afrikaans
Tipe webblad Taalhulp
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Om toegang en wisselwerking
Opgerig 2014–2015
Huidige status Aktief
URL viva-afrikaans.org

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans, kortom VivA, is die erkende virtuele instituut wat die beskrywing en bestudering van Afrikaans daarstel en gebruikers van die taal toegang gee tot digitale bronne, hulpmiddels en toegangskanale. VivA is 'n maatskappy sonder winsbejag wat soortgelyk is aan die Meertens Instituut in Amsterdam, Nederland. Die Akademie het ook 'n samewerkingsooreenkoms met die Meertens Instituut onderteken om kennis uit te ruil.

Omdat Afrikaans ook in Nederland, die VSA, België, Pole, Oostenryk, Duitsland, Rusland en Oekraïne doseer word, dien VivA as bykomende hulpmiddel by die studie van Afrikaans dwarsoor die wêreld.[1]

Agtergrond

Met die marknavorsing vir VivA het 93% van die respondente die behoefte aan 'n webblad of toepassingsprogram uitgespreek wat hulp kan verleen met die Afrikaanse spel- en skryfwyse. Altesaam 85% van die respondente het positief gestem vir 'n toepassing of webblad waar 'n taaladviseur taalraad kan verskaf. Aanvanklik was die projekwebwerf se aktivering vir September 2014 geskeduleer,[2] toe November 2014. Uiteindelik was die webwerf op 17 Julie 2015 om 16:00 vir die publiek aktief.

Dienste

In ’n onderhoud in 2014 met die voorsitter van die Taalkommissie, Gerhard van Huyssteen, noem De Kat ses dele waaruit die projek sal bestaan:

Finansiering

Die projek is reeds in 2014 finansier deur onder meer die Dagbreek Trust, die ATKV, die Noordwes-universiteit, CTexT, die Vriende van Afrikaans, die PUK-kanselierstrust, Afriforum, die Afrikaanse Taalraad, asook ander individue. Protea Boekhuis, Pearson, die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Maroela Media en www.watkykjy.co.za het ook tot die oprigting van VivA bygedra.

Bronne

Verwysings

  1. "Die Burger. 2014. 'n Sterk Akademie-stem. 18 September:15". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2015. Besoek op 17 Julie 2015.
  2. "Prinsloo, D. 2013. Afrikaans, nog 'n oorwinning. Beeld, 25 November:16". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2015. Besoek op 17 Julie 2015.

Eksterne skakels