The Cape Town Affair
Regisseur Robert D. Webb
Produksieleier Robert D. Webb
Draaiboek Samuel Fuller en Harold Medford
Kinematografie David Millin
Redigeerder Peter Grossett
Speeltyd 100 minute
Land Verenigde State, geskiet in Suid-Afrika
Taal Engels

The Cape Town Affair is die regisseur Robert D. Webb se glansspioenfilm van 1967, vervaardig deur 20th Century Fox saam met Killarney Film Studios in Suid-Afrika. Claire Trevor, James Brolin en Jacqueline Bisset speel in die rolprent. Die film is 'n oormaak van die rolprent Pickup on South Street uit 1953. [1]

Dit was Brolin se eerste hoofrol. Beide hy en Bisset was onder kontrak by Fox. Hy het later gesê "Ek het nie baie daarvan gehou nie, maar ons [hy en Bisset] was nie sleg nie."[2]

Storielyn

Suid-Afrikaanse geheime agente probeer 'n vertroulike mikrofilm red voordat die kommuniste dit in die hande kry.

Rolverdeling

Produksie

Sommige van die Kaapstad-tonele sluit in Longstraat, woonstelle langs Beachweg in Mouille Point en Groenpunt, die hawe waar nou die Waterfront is, die middestad naby die treinstasie en die stadsaal.

Ontvangs

Kommentators beskryf die film as vervelig, traag, met swak toneelspel en langdradig. Die film skets egter 'n interessante prentjie van die lewe in Suid-Afrika onder apartheid, gesien vanuit die oogpunt van die amptelike regeringsbeleid. Al die hoofkarakters is wit en selfs straattonele bevat min nie-blankes.[3]

Verwysings

  1. Cape Town Affair, The Monthly Film Bulletin; London Vol. 36, Iss. 420, (1 Januarie 1969): 8.
  2. Biding His Time: James Brolin Looking for Role Outside Weekly TV Rut. Murphy, Mary B. Los Angeles Times 2 September 1970: h17.
  3. Film As Evidence, Film As History And Film In History: Some African Perspectives, Bickford-Smith, Vivian. African Research & Documentation; London Iss. 110, (2009): 17-27.

Eksterne skakels