Sulette Thompson
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sulette Thompson, is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise, wat bekend is vir haar rol as Suzie Bruwer in die televisiereeks, Agter Elke Man, vanaf 1985 tot 1988. In die televisiereeks, Agter Elke Man, was daar ʼn verskeidenheid karakters: welgesteld en die wat ʼn karige bestaan gevoer het, saamgegroepeer. Die dramareeks is as grensverskuiwend beskou in Suid-Afrika se televisiegeskiedenis en daarom was kykers ook baie lief vir die karakters omdat hulle kon identifiseer daarmee.

In 1982 het sy haar BA Drama-graad behaal aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom. In 1983 het Thompson ʼn jaarkontrak by Sukovs gehad om in verskeie produksies te kan speel en aan die einde van die termyn het sy vanaf 1983 tot 1996 as ʼn vryskut aktrise gewerk. Sedert Maart 1996 behartig sy die boekhouding van die akteursagentskap, Thespians.

Film

[wysig | wysig bron]

Die Jare; vertolk die rol van Anita Slabbert (1984)

[wysig | wysig bron]

Televisie

[wysig | wysig bron]

Radio

[wysig | wysig bron]

Thompson het ook rolle in radiovervolgverhale vertolk, onder andere:

Persoonlik

[wysig | wysig bron]

Sulette en haar oorlede man, met wie sy 22 jaar getroud was, Hennie Cronjé, het vier kinders. Aan die einde van 2018 is Thompson weer getroud met Dieter Wiese en woon tans op ʼn kleinhoewe in Johannesburg.

Lees ook

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]