Slowake | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 6 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Slowakye ~4,4 miljoen[1] Verenigde State 742 738[2] |
Taal: | Slowaaks |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk |
Verwante etniese groepe: | Ander Wes-Slawiese volke soos Pole, Sorbe en Tsjegge[11] |
Die Slowake (Slowaaks: Slováci, enkelvoud: Slovák, vroulik: Slovenka, meervoud: Slovenky) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Slowakye wat Slowaaks, 'n Wes-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm die titulêre nasie van Slowakye en maak volgens die laaste sensus van 2011 omtrent 81% van dié land se bevolking uit. Die meeste Slowake is aanhangers van die Rooms-Katolieke Kerk (62%).
Wêreldwyd leef omtrent 6 miljoen Slowake, waarvan sowat 4,4 miljoen in Slowakye, 810 000 in die Verenigde State, 147 152 in Tsjeggië, 100 000 in Kanada, 90 000 in die Verenigde Koninkryk en 52 750 in Serwië. In Serwië leef die meeste Slowake in die streek Vojvodina saam met ander erkende minderhede, waar Slowaaks saam met ander die amptelke tale vorm. Naas Slowake leef nog minderhede soos Hongare (8,5%) en Roma (2%) in Slowakye.
Die naam van die Slowake is, soos dié van die Slowene, afgelei van die ou benaming vir die Slawiërs (sloveni). Die woordstam daarvan het nog in benamings soos Slowaaks (Slovenčina) en Slowakye (Slovensko) bewaar gebly.[12]
((cite web))
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)