Silverton Siege
Regisseur Mandla Dube
Vervaardiger Walter Ayres
Mandla Dube
Musiek deur Rashid Lanie
Kinematografie Shaun Harley Lee
Ateljee Pambili Media
Verspreider Netflix
Uitgereik 27 April 2022
Speeltyd 100 minute
Land Suid-Afrika
Taal Engels

Silverton Siege is 'n Suid-Afrikaanse film geredigeer deur Mandla Dube in sy rolprentdebuut as regisseur. Dit is gebaseer op die werklike Silvertonbeleg wat plaasgevind het in Silverton, Pretoria in 1980. Die film is internasionaal vrygestel op Netflix op 27 April 2022.[1]

Rolverdeling

Produksie

Die film was vanaf 2019 amptelik vir twee jaar in ontwikkeling. Toe hy oor die werklike Silvertonbeleg gelees, was Dube geïnspireer en 'n draaiboek begin ontwikkel saam met mede-American Film Institute alumnus Sechaba Morojele as redakteur. Dube het gesê die film sal ongeveer 60% feitelik wees, en dat hulle kreatiewe lisensie vir die res sal gebruik, want hulle wil dit "'n vermaaklike storie maak, nie 'n dokumentêr nie". Hooffotografie het op plek in Pretoria plaasgevind. Produksie het befondsing van die National Film & Video Foundation ontvang.[2]

Die rolverdeling is saam met die vrystellingsdatum in Maart 2022 aangekondig; Thabo Rametsi, Noxolo Dlamini, en Stefan Erasmus sou as die Silverton-trio vertolk word, saam met Arnold Vosloo, Tumisho Masha, Michelle Mosalakae, en Elani Dekker.[3]

Verwysings

  1. Grater, Tom (10 Maart 2022). "Netflix To Release South African Thriller 'Silverton Siege' To Coincide With Freedom Day". Deadline. Besoek op 23 Maart 2022.
  2. Kemp, Grethe (31 Maart 2019). "A Silverton Siege movie is coming". City Press. Besoek op 23 Maart 2022.
  3. Ramachandran, Naman (10 Maart 2022). "Netflix Sets Free Mandela Movement-Inspired Film 'Silverton Siege'". Variety. Besoek op 23 Maart 2022.

Eksterne skakels