Sandi Schultz
Geboorte 1964
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Sandi Schultz (gebore in 1964) is ʼn Suid-Afrikaanse aktrise, gebore in Johannesburg en het drama studeer aan die Universiteit van Kaapstad.

Hoogtepunte van loopbaan

[wysig | wysig bron]

Schultz se hoogtepunte van haar loopbaan as aktrise sluit die rol van Magenta in, in die Suid-Afrikaanse produksie van The Rocky Horror Show, Dorothy in The Wizard of Oz en Hermia in Midsummer Night’s Dream. Op televisie het Schultz as ʼn kontiniteitsaanbieder by M-Net gewerk vir ʼn paar jaar en het ook verskeie programme op SABC 2 aangebied, wanneer sy nie besig was met ʼn filmopname of ʼn teaterproduksie nie.

Tydens haar 12 jaarlange verblyf in Los Angeles het sy onder andere rolle in televisiereekse soos NYPD Blue en City Angels gekry. Met haar terugkoms na Suid-Afrika in 2005 het sy die rol van Dr. Jennifer Adams in die kykNET-reeks, Binnelanders, gekry. Sedert 2013 doen sy vryskut werk vir film en televisie waarvan sy rolle vertolk het van Dez in While You Weren’t Looking, Jamalia in Einfach Rosa: Wolken über Kapstadt en Maggie in die komediereeks, Hotel. In 2014 het sy teruggekeer na produksie en vervaardiging en het as mede-skrywer – en vervaardiger gewerk aan Independent Feature, saam met Laszlo Bene, via haar eie maatskappy, Klonkie Made Media.

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

Sy is getroud met die Amerikaanse akteur John Savage in 1993. Hulle is in 2003 geskei.

Film

[wysig | wysig bron]

Teater

[wysig | wysig bron]

Televisie

[wysig | wysig bron]

Toekennings

[wysig | wysig bron]

Bronnelys

[wysig | wysig bron]