Nǃxau ǂToma | |
Geboortenaam | Nǃxau ǂToma Saan |
---|---|
Alias | N!xau Gǃkau Gcao Tekene Coma |
Geboorte | 16 Desember 1944 Tsumkwe, Suidwes-Afrika |
Sterfte | 5 Julie 2003 Tsumkwe, Namibië |
Nasionaliteit | Namibië |
Beroep(e) | Akteur en boer |
Aktiewe jare | 1980–1994 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Nǃxau ǂToma (afgekort: Nǃxau , alternatiewe spelling Gcao Tekene Coma, ca. 1944 – 5 Julie 2003) was 'n boesman-boer en akteur van Namibië. Hy het bekendheid verwerf vir sy rol in die 1980-rolprent The Gods Must Be Crazy, asook die opvolgfilms wat daarna vervaardig is, waarin hy die rol van die Kalahari-Boesman gespeel het.[1] The Namibian het na hom verwys as "Namibië se bekendste akteur".
Nǃxau was 'n lid van die San, ook bekend as die Boesmans. Hy het Ungwatsi, Herero en Tswana vlot gepraat, asook 'n bietjie Afrikaans.[2] Hy het nie geweet presies hou oud hy was nie, en voordat hy ooit 'n rol in in 'n film gespeel het, het hy nog net drie wit mense in sy lewe gesien.[3]
Hy sterf op 5 Julie 2003 aan middelweerstandige tuberkulose, terwyl hy besig was om tarentale te jag. Daar word geskat dat hy tussen 58 of 59 jaar oud was toe hy oorlede is. Hy is op 12 Julie begrawe met 'n semi-tradisionele begrafnis by Tsumkwe, langs die graf van sy tweede vrou. Hy het ses kinders gehad.[2]