In motorontwerp, beskryf die term motordryfuitleg die posisie waar 'n sekere voertuig se enjin, ratkas en dryfwiele hul bevind. Baie verskillende kombinasies van die enjinplek en aangedrewe wiele kom in die praktyk voor, en die plek van elk is afhanklik van die toepassing waarvoor die voertuig gebruik gaan word. Faktore wat die ontwerpkeuse beïnvloed sluit in: koste, kompleksiteit, betroubaarheid, verpakking (ligging en grootte van die passasierskompartement en kattebak), massaverspreiding, en verkose hanteringseienskappe van die voertuig.

Uitlegte kan basies in twee kategorieë verdeel word: voor- of agterwielaandrywing. Viertrekvoertuie kan eienskappe van altwéé hierdie aanneem, afhangend van hoe die krag na die wiele versprei word.

Agterwielaandrywing

VA-uitleg
AA-uitleg

By agterwielaandrywing is die enjin tipies aan die voorkant van die voertuig en die dryfwiele agter geplaas, 'n opset bekend as 'n VA-uitleg. 'n Voorste midenjin-, agtermiddelenjin- of agterenjinuitleg kan ook gebruik word. Dit was die tradisionele motordryfuitleg vir die meeste voertuie tot in die 1970-80s.

Byna alle motorfietse en fietse gebruik agterwielaandrywing, hetsy deur 'n dryfas, ketting of band; aangesien die voorwiel ook as stuur moet dien, en dit baie moeilik en omslagtig sou wees om 'n draaimeganisme aan 'n voordryfwiel te plaas.

Voordele

Nadele

Voorwielaandrywing

Voorwieldryfuitlegte is dié waarin die voorwiele die voertuig aandryf. Die gewildste uitleg wat deesdae in motors gebruik word, is die voorenjin, voorwielaandrywing (VV-uitleg), met die enjin voor die vooras en die dryfkrag wat alles na die voorwiele gevoer word. Hierdie uitleg word tipies gekies vir sy kompaktheid; aangesien die enjin en dryfwiele aan dieselfde ent van die voertuig is, is daar geen nodigheid vir 'n sentrale tonnel (onderdeur die passasierskompartement) om 'n dryfas tussen die enjin en die dryfwiele te akkommodeer nie.

Omrede die stuurwiele ook die dryfwiele is, word VV-uitlegmotors in die algemeen as beter beskou as VA-motors (voorenjin, agterwieldryfuitleg) in toestande soos sneeu, modder, of nat teer. Die massa (gewig) van die enjin oor die dryfwiele verbeter ook die voertuig se greep in sulke omstandighede. Maar kragtige motors gebruik selde die VV-uitleg omrede gewigsverskuiwing tydens harde versnelling die massa op die voorwiele en dus hul vastrap verminder, en die wringkrag wat aangewend kan word beperk. Elektroniese vastrapbeheer kan wieltol vermy, maar skakel ook die voordeel van ekstra wringkrag/krag uit.

'n Dwarsgemonteerde enjin (ook bekend as 'n "oos-wes") word algemeen gebruik in VV-uitlegte, in teenstelling met die VA wat 'n langsgeplaasde enjin gebruik. Die VV-uitleg beperk ook die grootte van die enjin wat in moderne enjinkompartemente gepas kan word, en VV-konfigurasies het gewoonlik 'n inlynviersilinder of V6-enjin, terwyl langer enjins soos 'n inlynsessilinder en 90° V8 selde sal pas. Dit is nog 'n rede waarom luukse/sportmotors die VV-uitleg vermy. Uitsonderings bestaan ook, soos die Volvo S80 (FWD/4WD) wat gebruik maak van 'n dwarsgemonteerde inlyn-6 of V8-enjin, en die Ford Taurus, wat beskikbaar is met 'n 60° V8 en allewielaandrywing.

Voordele

VV-uitleg

Nadele

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.