Mabula-wildreservaat
'n Buffel in die Mabula-wildreservaat
'n Buffel in die Mabula-wildreservaat
Land Suid-Afrika
Provinsie Limpopo
Naaste dorp Bela Bela
Ligging van Mabula-wildreservaat op 'n kaart (Suid-Afrika)
Mabula-wildreservaat
Mabula-wildreservaat
Koördinate: 24°44′2″S 27°55′37″O / 24.73389°S 27.92694°O / -24.73389; 27.92694Koördinate: 24°44′2″S 27°55′37″O / 24.73389°S 27.92694°O / -24.73389; 27.92694
Oppervlak 12 000 ha
Openingsjaar 1983
Bestuursliggaam Mabula Wildreservaat
Webblad http://www.mabula.com/mabula-lodge/index.jsp
Klipspringers in die reservaat afgeneem.

Mabula is 'n privaat wildreservaat in Limpopoprovinsie van Suid-Afrika. Die reservaat beslaan 'n gebied van 12 000 ha en is 47 km wes van die dorp Bela Bela. Dit is 'n maklik-bereikbare reservaat in 'n malariavrye gebied van die Transvaalse Bosveld, ongeveer 1½ uur se ry vanaf Johannesburg.

Die toegangshek is by 24°44′58″S 27°56′33″O / 24.74944°S 27.94250°O / -24.74944; 27.94250.

Soogdiere

Krimpvarkie, nagapie, blouaap, bobbejaan, ietermagog, kolhaas, boomeekhoring, springhaas, grootrietrot, ystervark, draaijakkals, rooijakkals, stinkmuishond, grootkolmuskeljaatkat, ratel, groototter, Afrikasivet, aardwolf, gevlekte hiëna, strandwolf, jagluiperd, rooikat, tierboskat, vaalboskat, klein gekolde kat, erdvark, klipdassie, sebra, buffel, olifant, leeu, luiperd, bosvark, vlakvark, seekoei, kameelperd, klipspringer, gewone duiker, steenbok, blesbok,vaalribbok, rooiribbok, rooibok, springbok, blouwildebees, swartwildebees, basterhartbees, rooihartbees, gemsbok, waterbok, bosbok, njala, koedoe en eland.

Huisvesting

Die oord verskaf hotel- en verskeie soorte tyddeelbehuising in grasbedekte chalets wat in kampe oral oor die wildsplaas versprei is.