Lizz Meiring
Geboortenaam Elizabeth Henriette Meiring
Alias Lizz Meiring
Geboorte 9 Desember 1961 (1961-12-09) (62 jaar oud)
Pretoria, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise, skrywer, regisseur, TV-aanbieder, vervaardiger en nog meer
Webwerf lizzmeiring.com
Toekennings 19
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lizz Meiring (gebore 9 Desember 1961 in Pretoria) is 'n Afrikaanssprekende Suid-Afrikaanse aktrise, regisseur, teatervervaardiger, TV-aanbieder, seremoniemeester, spreker, kunsteaktivis, kreatiewe konsultant en skrywer. Benewens in Afrikaanse produksies, tree sy gereeld in Engelse produksies op en het ook al in Frans, Duits en Sotho gewerk. Haar bynaam is Bizzie Lizzie omdat sy soms aan tot ses of meer produksies tegelyk werk. Sy het al 19 toekennings ontvang vir haar werk as aktrise, skrywer, regisseur, vervaardiger en vir haar kulturele bydrae.

Herkoms en kinderjare

[wysig | wysig bron]

Elizabeth Henriette Meiring is in Pretoria gebore. Haar pa, prof. Lewis Meiring ((† 2011), was 'n chemiese patoloog en diagnostikus, asook deeltydse professor hierin aan die Universiteit van Pretoria. Haar ma, Villi'ere Meiring (née Esterhuisen) was onderwyseres in kunsgeskiedenis in Engels. Elizabeth, later professioneel bekend as Lizz, is die enigste dogter. Sy het 'n ouer broer, Karl Rocco Meiring, wat in die geesteswetenskaplike rigting werk, en 'n jonger broer, Rocco de Villiers Meiring, 'n biokinetikus.

Sy speel vanaf sesjarige ouderdom in produksies by die Laerskool Pretoria-Oos. Sy speel in 1974 as negejarige kind in die Universiteit van Pretoria se dramadepartement se produksie "Langenhovenjaar" en in die toneelstuk "Vrou van Suid-Afrika".

Opleiding

[wysig | wysig bron]

Meiring het reeds vanaf haar eerstejaar as dramastudent in professionele teater- en televisieproduksies gewerk. Sy voltooi haar B.A. Drama (Honneurs) in 1983 aan die Universiteit van Pretoria. Sy doen oorklankings en radiowerk by die SAUK, sowel as aanbiedingswerk vir die Truk-balletgeselskap, en speel as dramastudent in TV-produksies by die SAUK en verhoogproduksies by Truk.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Sedert haar universiteitsjare het sy in meer as 342 verhoogproduksies, in 282 TV-produksies en rolprente opgetree en reeds vier reekse op verskeie TV-kanale aangebied. Sy het vier rolprentdraaiboeke geskryf.

As skrywer, regisseur en teatervervaardiger het Meiring 207 produksies geskep. Sy was ook een van die stigterslede en later voorsitter van die Independent Performance Trust, 'n onafhanklike kunsorganisasie bestaande uit 12 lede wat sowat 15 nuwe teaterproduksies geskep het.

Meiring het saam met die satirikus Pieter-Dirk Uys in die buiteland opgetree, en as akteur in TV-produksies in die Verenigde Koninkryk ("Message to Major" Thames Television).

Meiring het verskeie boeke vertaal of verwerk as verhoogproduksies of draaiboeke. Sy het in musiekvideo's vir Dozi, Snotkop en Rocco de Villiers gespeel en opnames vir CD's gemaak saam met Bill Flynn ("Dis 'n stryd"), Snotkop ("Snotkop" debuutalbum), Thys die Bosveldklong ("Looks is nie alles nie") en vir die rolprent Pretville. Vroeër was daar sangopnames vir langspeelplate gemaak vir die TV-reekse "Mof en Mat" en "Doffel, Babbel en Bekkie".

As kunsjoernalis skryf sy sedert 1999 meer as 500 profiel onderhoude met kunsmense vir 12 verskillende publikasies, onder meer Insig (tydskrif), De Kat, Rapport-Tydskrif, Sarie, Rooi Rose en "Kakkerlak" (letterkundetydskrif). As rubriekskrywer skryf sy 10 jaar lank 'n rubriek onder die naam "Bizzie Lizzie" vir Rooi Rose en vyf jaar lank die rubriek "Lizz se dinge" vir RSG.

Meiring is betrokke by die uitbou en bevordering van die visuele kunste en open dikwels kunstuitstallings van opkomende, sowel as bekende, gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaars. Sy is dikwels die seremoniemeester by van die land se grootste kunskompetisies se prysuitdelings. Meiring is op 'n welwillendheidsbasis aktief betrokke by die loopbaanontwikkeling van jong akteurs, skrywers, vervaardigers en regisseurs. Sy is ook 'n bestuurslid van die Teaterbystandfonds,[1] die uitvoerende kunste in Suid-Afrika se enigste hulpfonds.

Sy was die eerste Afrikaanssprekende gasredakteur van die tydskrif Kulula Mag, en die enigste Afrikaanssprekende wat gekies is om individueel die "DStv EXPLORA" loodsadvertensie te doen.

Haar onderhoud op RSG Geldsake met Ryk van Niekerk, is op die RSG 2020 Potgooi as die gewildste potgooi van 2020 aangewys.

Privaatlewe

[wysig | wysig bron]

Meiring is uit vrye wil ongetroud en kinderloos. Sy het in 2015 aan die vrouetydskruif Sarie gesê: "Ek het om een of ander rede mans aangetrek wat die tradisionele ding wou hê. Trou, kinders. Terwyl my selfwaarde, raison d’être, aan my werk gekoppel is. Dis ’n minnaar teen wie geen man kan baklei nie. Ek vlieg tot 200 keer per jaar, soms vier vlugte op ’n dag. Watter man gaan dit aanvaar? Dit was ’n bewuste besluit. Baie vroue besef nie jy het ’n keuse nie."[2]

Oeuvre

[wysig | wysig bron]

Meiring se oeuvre sluit in:

Teaterproduksies

[wysig | wysig bron]

Meiring het al in 346 teaterproduksies opgetree, onder meer:

Televisieproduksies

[wysig | wysig bron]

Meiring het al in 286 televisieproduksies opgetree, onder meer:

Rolprente

[wysig | wysig bron]

Lizz het al in 28 rolprente opgetree:

Boeke

[wysig | wysig bron]

Skryf, regie en vervaardiging

[wysig | wysig bron]

Lizz het al 214 skryf, regie en vervaardiging projekte gedoen:

Bronne

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (af) Lizz Meiring en Marion Holm oor die TBF. Maroela Media, 23 Oktober 2015.
  2. (af) Lag lekker met Lizz Meiring. URL besoek op 22 Desember 2015.
  3. (af) In die Kollig. URL besoek op 22 Desember 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]