Lieb Bester | |
Geboorte | 15 April 1949 Brakpan |
---|---|
Sterfte | 21 Julie 2021 (72) Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur, TV-ster, musikant |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Lieb Bester (15 April 1949 - 21 Julie 2021) was 'n Suid-Afrikaanse akteur en musikant. Hy was veral bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa. Vir dié rol het hy in 2012 en 2013 ’n ATKV-Mediaveertjie ontvang vir beste akteur in ’n sepie.[1] Bester was ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is.
Bester is op 15 April 1949 in Brakpan gebore en het in 1967 aan die Hoër Seunskool Stofberg gematrikuleer. Ná skool doen hy sy nege maande verpligte militêre diensplig in Walvisbaai. Hy maak in 1969 sy debuut as akteur in die toneelspel, Die Ryk Weduwee van Uys Krige. Sy eerste rolprent was die Seun van die Wildtemmer in 1973.
Bester bespeel verskeie musiekinstrumente, waaronder die klavier, orrel, klawerbord, trekklavier, konsertina en kitaar. Hy was deel van die dansgroep "Take 3", saam met Jan Coetzer en Deon Heyneke.[2][3]
Bester sterf op 21 Julie 2021 nadat hy vir 'n tweede keer weens Covid-19-oorsake gehospitaliseer is.[4] Hy was 72 jaar oud.
Hy was 'n lid van die Suid-Afrikaanse Weermag sedert 1978 en tree in 2001 uit die diens met die rang van kolonel. Gedurende sy diens was hy by die volgende eenhede werksaam:
Hy het die volgende opvoedkundige kwalifikasies behaal: BA (Kommunikasiekunde/Opvoedkunde) (UNISA), DTO Nagraads (UNISA) en M Ed (UP).
Rolprente:
TV-optredes:
Sy albums: