Lewis Carroll
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Carroll in 1863

Geboortenaam Charles Lutwidge Dodgson
Geboorte 27 Januarie 1832
Daresbury, Cheshire, Engeland
Sterfte 14 Januarie 1898
Guildford, Surrey, Engeland
Nasionaliteit Verenigde Koninkryk
Beroep Skrywer, wiskundige
Bekend vir Kinderboeke
Bekende werke Alice's Adventures in Wonderland
Throagh the Looking Glass

Lewis Carroll (1832–1898) was 'n Britse skrywer van beroemde kinderverhale, soos Alice se avonture in Wonderland en Alice deur die spieël. Sy regte naam was Charles L. Dodgson. Hy was 'n wiskundedosent aan die Universiteit van Oxford.[1]

Lewensloop

Charles Lutwidge Dodgson is op 27 Januarie 1832 in Daresbury, Cheshire in Engeland gebore. Hy was die derde kind en die oudste seun in 'n gesin van elf kinders. In Januarie 1851 vertrek hy na Oxford, waar hy in 1854 cum laude in wiskunde van die Christ Church-kollege afstudeer. Later word hy dan ook 'n lektor daar.

Nadat Alice's Adventures in Wonderland in 1865 verskyn het, het hy talle positiewe resensies in die pers ontvang. In 1866, 1867 en 1868 verskyn daar elke jaar 'n nuwe uitgawe.[2] Daarna is die boek tussen 1869 en 1889 ses-en-twintig keer in Engeland herdruk [3] en begin talle vertalings daarvan in ander lande te verskyn (onder andere in Afrikaans).

In 1871 word 'n opvolg van sy beroemde boek onder die titel Through the Looking-Glass, and What Alice Found There gepubliseer. Sy verwronge roem en rykdom het egter sy werk as wetenskaplike oorskadu. Hy was tot 1881 'n dosent aan Oxford se Christ Church-kollege. Ná sy aftrede skryf hy die tweedelige Silvie and Bruno (1889–1893).

Dodgson sterf op 14 Januarie 1898 aan longontsteking in Guildford, waar hy ook begrawe is. Hy was 65 jaar oud.

Werke

Portret deur Herkhomer

Literêre werke

Wiskundige werke

Afrikaanse vertalings

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Brown, Sally N. (2009). The Original Alice. The Folio Society. p. 25.
  3. Brown, Sally N. (2009). The Original Alice. The Folio Society. p. 26.

Eksterne skakels