Latynse alfabet
Soort skryfstelsel   Alfabet
Tyd gebruik Sedert 700 v.C.
Rigting Links na regs
Tale Talle
Stelsels
Moederstelsels
Susterstelsels
ISO 15924 Latin, 215
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Latynse alfabet is die alfabet wat deur so te sê alle Westerse tale as skryfmedium gebruik word, insluitend Afrikaans en die ander amptelike tale van Suid-Afrika.

Gebruik van die Latynse alfabet:

   as die enigste amptelike skrif

   as 'n mede-amptelike skrif

   word nie gebruik nie

Kaart van Europese skrifstelsels:

   Grieks

   Grieks en Latyn

   Latyn

   Latyn en Cyrillies

   Cyrillies

   Georgies

   Armeens

Die voorloper van die westerse alfabet is ontwikkel deur die Fenisiërs (sien Fenisiese alfabet). In gewysigde vorm is dit deur die Grieke oorgeneem. Die Romeine het weer 'n nuwe alfabet daarvan afgelei, wat egter ten opsigte van tekens van sy voorloper verskil. Die Latynse alfabet tel in die tyd van Cicero 21 letters. Vir die weergee van Griekse woorde word Y en Z later toegevoeg. I en V het sowel vokaliese as konsonantiese waarde. In die Middeleeue kom J (konsonant=medeklinker) en U (vokaal=klinker) daarby. W is dubbel V om /w/ weer te gee (die bilabiale semivokaal van, byvoorbeeld, die Engelse: wall, well, will, of Afrikaanse twee, swaai ens).

Tans bestaan vir Afrikaanse spelling 'n gebruiklike variant van die Latynse alfabet uit die volgende 26 hoofletters:

A B C D E F G H I J K L M
N O P Q R S T U V W X Y Z

en die volgende 26 kleinletters:

a b c d e f g h i j k l m
n o p q r s t u v w x y z

In baie tale is ekstra letters bygevoeg, of soos in Afrikaans is letters voorsien van diakritiese tekens (kappies, deeltekens ens.) om voorsiening te maak vir taalspesifieke skryfwyses.

ß (genoem kringel-S of in Duits: eszett of scharfes s). Die diakritiese letter word soos in Afrikaans nie as deel van die alfabet beskou nie. Die eszett of scharfes s (ß) bestaan net as 'n kleinletter aangesien dit nooit aan die begin van 'n woord kan voorkom nie. Standardisering agv die Duitse spellinghervorming van 1996 het die voorkoms van die letter drasties verminder. Die "ß" word nou net na 'n lang klinker (soos in Fuß "voet" en mäßigen "matig") gebruik, terwyl die kort klinkers altyd 'n "ss" het: byvoorbeeld dass "dat" en Verdruss "verdriet". Die "ß" word gewoonlik sorteer asof dit 'n "ss" is – soms as 'n "s", maar dit word as verkeerd beskou. In Switserland word "ß" nie gebruik nie. Om gestandaardiseerde sleutelborde vir Duits, Frans en Italiaans te skep, word dit vervang met "ss".

Sien ook

Eksterne skakels