Sir Kenneth Branagh
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Branagh op ’n nuuskonferensie vir Thor.

Geboortenaam Kenneth Charles Branagh
Geboorte 10 Desember 1960 (1960-12-10) (63 jaar oud)
Aktiewe jare 1981-tans

Sir Kenneth Charles Branagh (gebore op 10 Desember 1960)[1] is ’n Noord-Ierse akteur, regisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer. Hy is veral bekend vir sy rolprentweergawes van Shakespeare-dramas soos Much Ado About Nothing, Hamlet en Henry V. Hy was ook in Harry Potter and the Chamber of Secrets te sien.[2]

Loopbaan

Branagh is op 10 Desember 1960 in Belfast gebore. Hy het sy debuut as akteur in Noord-Ierland gemaak in die BBC se Play for Today-trilogie wat in sy geboorteland afspeel. Hy het in die res van Brittanje bekend geraak vir sy verhoogoptredes; in 1982 het hy die Laurence Olivier-prys vir die beste nuweling gewen vir sy rol as Judd in die toneelstuk Another Country.

Hy het al verskeie toneelstukke van Shakespeare geregisseer en/of daarin gespeel, soos Henry V (1989) (waarvoor hy vir ’n Oscar vir beste akteur en beste regisseur benoem is), Much Ado About Nothing (1993), Othello (1995), Hamlet (1996) (Oscar-benoeming vir beste aangepaste draaiboek), Love's Labour's Lost (2000) en As You Like It (2006).

Hy het ook in talle ander rolprente en televisiereekse verskyn, onder meer Fortunes of War (1987), Woody Allen se Celebrity (1998), Wild Wild West (1999), The Road to El Dorado (2000), Conspiracy (2001), Harry Potter and the Chamber of Secrets (2002), Warm Springs (2005), Valkyrie (2008), The Boat That Rocked (2009) en My Week with Marilyn (2011) as sir Laurence Olivier (Oscar-benoeming vir beste manlike byspeler).

Hy was die regisseur van sulke noemenswaardige prente soos Dead Again (1991), waarin hy ook speel, Swan Song (1992, Oscar-benoeming vir beste kortprent), Frankenstein (1994), waarin hy ook speel, The Magic Flute (2006), Sleuth (2007), die treffer-superheldfliek Thor, die aksieriller Jack Ryan: Shadow Recruit (2014), waarin hy ook speel, en Cinderella (2015).

Branagh is benoem vir vyf Oscars en vyf Golden Globes. Hy het ook ’n Emmy en drie Baftas gewen. Hy is in 2012 tot ridder geslaan.[3]

Filmografie

Akteur (seleksie)

Regisseur

Verwysings

  1. "Monitor". Entertainment Weekly (1237): 26. 14 Desember 2012.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. "Birthday Honours: Branagh, Winslet and royal designer Burton on list". BBC News (in Engels). BBC. 16 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2019. Besoek op 16 Junie 2012.