Janus   

Janus soos op 7 April 2010 afgeneem deur Cassini.
Ontdekking
Ontdek deur Audouin Dollfus
Datum 15 Desember 1966
Wentelbaaneienskappe [1]
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005.5)
Halwe lengteas 151 460±10 km
Wentelperiode 0,694660342 d
Baanhelling 0,163±0,004 °
Satelliet van Saturnus
Fisiese eienskappe
Afmetings 203 × 185 × 152,6 km [2]
Gem. radius 89,5±1,4 km [2]
Volume ≈ 716 000 km³
Massa 1,8975±0,0012×1018 kg[2]
Gem. digtheid 0,63±0,03 g/cm³[2]
Oppervlak-
aantrekkingskrag
0,011-0,017 m/s2[2]
Rotasieperiode Sinkronies
Ashelling Nul

Janus is ’n binneste maan van Saturnus en is genoem na die Griekse god Janus; dit ook bekend as Saturnus X.

Geskiedenis

Janus is op 15 Desember 1966 deur Audouin Dollfus geïdentifiseer [3] en het die voorlopige naam S/1966 S 2 gekry. Jean Texereau het die maan voorheen, op 29 Oktober 1966, afgeneem sonder dat hy dit besef het. Op 18 Desember het Richard Walker ’n voorwerp in dieselfde wentelbaan as Janus gesien, maar die posisie het nie ooreengestem met die vorige waarnemings nie. Twaalf jaar later, in Oktober 1978, het Stephen M. Larson en John W. Fountain besef die waarnemings van 1966 kan die beste verduidelik word aan die hand van twee aparte voorwerpe (Janus en Epimetheus) wat baie eenderse wentelbane het.[4] Walker kry nou die erkenning vir die ontdekking van Epimetheus.[5] Voyager 1 het dié wentelkonfigurasie in 1980 bevestig.[6]

Wentelbaan

Epimetheus (links onder) en Janus (regs) soos waargeneem op 20 Maart 2006, twee maande nadat hulle wentelbane omgeruil het. Die mane is nie regtig so na aan mekaar nie; Janus was eintlik sowat 40 000 km verder van Cassini as Epimetheus.

Janus deel ’n wentelbaan met Epimetheus. Janus se gemiddelde baanradius van Saturnus af is net 50 km minder as dié van Epimetheus, ’n afstand wat kleiner is as enige van die twee se gemiddelde radius. Volgens Kepler se wette van planetêre beweging word die binneste wentelbaan vinniger voltooi – vanweë die klein verskil sowat 30 sekondes vinniger. Elke dag beweeg die binneste maan 0,25° verder weg van Saturnus as die buitenste maan. Wanneer die binneste maan by die buitenste maan kom, vermeerder hul gesamentlike swaartekragaantrekking die binneste maan se momentum en verminder dié van die buitenste maan. Hierdie bykomende momentum sorg dat die binneste maan se afstand van Saturnus af en sy wentelperiode toeneem, terwyl die buitenste maan s’n afneem. Die twee mane ruil dan wentelbane om, maar kom nooit nader as sowat 10 000 km van mekaar nie. Dié wisseling vind elke vier jaar plaas; die laaste kere was in Januarie 2006,[7] 2010, 2014 en 2018.

Voorkoms

Janus het verskeie kraters groter as 30 km. Dit lyk of sy oppervlak ouer as Prometheus s’n, maar jonger as Pandora s’n is.

Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word Janus is nes Prometheus en Pnadora ’n baie poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.

Wisselwerking met ringe

’n Dowwe stofring kom voor om die wentelbane van Janus en Epimetheus, blyk uit foto's wat Cassini in 2006 geneem het. Dit strek sowat 5 000 km ver.[8]

Die bron daarvan is deeltjies wat in botsings met meteoroïdes van hul oppervlak loskom.[9]

Galery

Janus soos afgeneem deur Voyager 2 (1981-08-25).
Janus soos afgeneem deur Voyager 2 (1981-08-25).
Janus soos afgeneem deur Voyager 2 (1981-08-25).  
Janus en Prometheus lê bo en onder die ringe van Saturnus (2006-04-29).
Janus en Prometheus lê bo en onder die ringe van Saturnus (2006-04-29).
Janus en Prometheus lê bo en onder die ringe van Saturnus (2006-04-29).  
Janus en Tethis (voorgrond) naby die ringe (2015-10-27).
Janus en Tethis (voorgrond) naby die ringe (2015-10-27).
Janus en Tethis (voorgrond) naby die ringe (2015-10-27).  
Janus voor Saturnus, soos afgeneem deur Cassini (2006-09-25).
Janus voor Saturnus, soos afgeneem deur Cassini (2006-09-25).
Janus voor Saturnus, soos afgeneem deur Cassini (2006-09-25).  

Verwysings

  1. Spitale Jacobson et al. 2006.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 Thomas 2010.
  3. IAUC 1987.
  4. Fountain & Larson 1978.
  5. IAUC 1991.
  6. Solar System, NASA: Janus.
  7. JPL/NASA: The Dancing Moons.
  8. JPL/NASA: Moon-Made Rings.
  9. JPL/NASA: Creating New Rings.

Bronne

Eksterne skakels