’n Hoof- uitvoerende beampte (HUB)[1][2] is die posisie van die mees senior korporatiewe beampte, bestuurder, leier of administrateur in beheer van die bestuur van ’n organisasie. HUB’s lei ’n verskeidenheid van organisasies, insluitend die openbare en private korporasies, nie-winsgewende organisasies en selfs ’n paar regeringsorganisasies (bv. Kroonkorporasies). Die HUB van ’n korporasie of maatskappy rapporteer gewoonlik aan die raad van direkteure en is belas om die waarde van die entiteit te maksimeer, wat kan insluit die maksimalisering van die aandeelprys, markaandeel, inkomste of ’n ander element. In die nie-winsgewende- en die regeringsektor, is HUB’s tipies gerig op die bereiking van uitkomste wat verband hou met die organisasie se missie, soos die vermindering van armoede, die verhoging van geletterdheid, ens. Die HUB, as hoof- uitvoerende beampte, kan ook as president, uitvoerende hoof (UH), en besturende direkteur (BD),[3] asook die verteenwoordiger direkteur (VD) in Japan[4][5] bekend staan.

Verwysings

  1. (en) Lin, Tom C. W. (April 23, 2014). CEOs and Presidents. URL besoek op June 29, 2017.
  2. Ook geskryf hoof uitvoerende beampte (sonder koppelteken). Cf. Nuwerwetse Politieke Woordeboek.
  3. "Managing Director" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 September 2018. Besoek op 14 Junie 2017.
  4. "代表取締役" (in jp). Japanese-English Dictionary. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 November 2018. Besoek op 31 Maart 2017.((cite web)): AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  5. "代表取締役" (in jp). NTT Resonant. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2017. Besoek op 31 Maart 2017.((cite web)): AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

Verdere leesstof

Eksterne skakels