'n Gewone swart leergordel

'n Gordel is 'n buigsame band, tipies gemaak van leer of swaar doek, en gedra om die middellyf. 'n Gordel ondersteun broeke of ander kledingstukke. Dit is 'n bykomstigheidsitem.

In moderne tye het mense gordels begin te dra in die 1920's, toe broekmiddels tot 'n laer lyn gesak het. Voor die 1920's was gordels meestal 'n dekoratiewe item, en het hul verband gehou met militêre uitrustings. In sport, was 'n broek met gordellissies reeds teenwoordig in die 19de eeu. Vandag is dit algemeen vir mans om 'n gordel aan hul langbroeke te dra.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]