Sigbare weefdetail van 'n pers gekleurde fluweelstof

Fluweel is 'n tipe pluisstof waarvan die afgesnyde drade eweredig versprei is, met 'n kort digte pool wat 'n kenmerkende sagte aanvoeling aan die materiaal verleen. Daarby aansluitend beteken die woord fluweelagtig "glad soos fluweel". Fluweel kan van natuurlike of sintetiese vesels gemaak word.

Konstruksie en samestelling

[wysig | wysig bron]

Fluweel word op 'n spesiale weefstoel geweef. Twee diktes van die materiaal, wat aanvanklik aan mekaar geheg is, word gelyktydig geweef. Die geweefde tekstielstof word dan oorlangs in die middel deurgesny, sodat twee afsonderlike stukke materiaal, elk met sy eie pooloppervlak geskep word. Die twee lengtes van die fluweelmateriaal word op afsonderlike spoele opgerol. Voor die ontwikkeling van industriële weeftoestelle was dit 'n ingewikkelde, duur proses om fluweel te vervaardig Dit is egter steeds, in moderne tye, redelik duur om fluweel van 'n goeie kwaliteit te vervaardig. Vanweë fluweel se pool is dit relatief moeilik om skoon te maak. Die beskikbaarheid van moderne droogskoonmaakmetodes vergemaklik en verbeter egter die skoonmaak van fluweel. Tydens die weefproses word die fluweelpool deur die skeringdrade of vertikale drade op die weefstoel gevorm. In teenstelling daarmee, word ferweel, 'n variasie van fluweel, se pool deur die inslagdrade of vullerdrade op die weefstoel gevorm.

Fluweel kan van verskillende soorte vesels vervaardig word, waarvan sy tradisioneel die duurste is. Baie van die fluweel wat vandag as 'syfluweel' verkoop word, is eintlik 'n mengsel van rayon en sy. Fluweel wat geheel en al van sy gemaak is, is skaars en het gewoonlik markpryse van 'n paar honderd Amerikaanse dollar per jaart. Katoen word ook gebruik om fluweel te weef, maar dit het dikwels 'n minder luukse stof tot gevolg. Fluweel kan ook van vesels soos linne, sybokhaar en wol gemaak word. Daar word ook na 'n tekstielstof wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo deur die Kuba-stam uit raffia vervaardig, verwys as "Kubafluweel". Sintetiese fluweelmateriale word deesdae algemeen vervaardig, meestal van poliëster, nylon, viskose en asetaat. Fluwele kan mengelstowwe wees wat bestaan uit óf mengsels van verskillende sintetiese materiale, óf uit gekombineerde sintetiese en natuurlike vesels (byvoorbeeld, viskose gemeng met sy het 'n baie sagte, weerkaatsende matriaal tot gevolg). Soms word 'n klein persentasie spandex bygevoeg om 'n sekere hoeveelheid rekbaarheid (aldus "rekfluweel") aan die materiaal te verleen.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Vanweë die buitengewone sagtheid en besonderse voorkoms, sowel as die hoë produksiekoste, is fluweel dikwels met die adel geassosieer. In Bagdad is fluweel tydens die bewind van Harun al-Rashid deur Kashmiri-handelaars, en die Al-Andalus tydperk deur die Ziryab, bekend gestel. Tydens die Mamluk-era was Kaïro die wêreld se grootste vervaardiger van fluweel. Baie van die fluweel is na Venesië uitgevoer (van waar dit na die res van Europa versprei is), Iberië en die Mali-koninkryk. Musa I van Mali, die heerser van die Mali-koninkryk, het Kaïro tydens sy pelgrimstog na Mekka, besoek. Verskeie Arabiese fluweelwevers het hom terug na Timboektoe vergesel. Gedurende 'n later tydperk meld Ibn Battuta dat Suleiman, die heerser van Mali, tydens Eid, 'n plaaslik vervaardigde bloedrooi fluweelkaftan gedra het. Tydens die heerskappy van Mehmed II het assistent-kokke blou rokke (câme-i kebûd), keëlvormige hoede (külâh) en sakkerige broeke (çaksir) van Bursa-fluweel gedra.

In 1399 het Koning Richard II van Engeland in sy testament gestipuleer dat sy liggaam na sy afsterwe in fluweel geklee moes word. [1]

'n Mantel van pool-op-pool fluweelstof.

Tipes

[wysig | wysig bron]

Galery

[wysig | wysig bron]

Vesels

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. L W Cowrie Dictionary of British Social History Wordsworth Reference p.304 ISBN 1-85326-378-8
  2. "Fabric Properties and Distinctions - Velvet". fabrics.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2010.
  3. 3,0 3,1 "Free patterns - Velvet". sewingtechnology.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]