Ekumeniese Patriarg Bartolomeus I (Grieks: Οἰκουμενικός Πατριάρχης Βαρθολομαῖος Α'; Turks: Patrik I. Bartolomeos; gebore 29 Februarie 1940) is sedert 2 November 1991 die Aartsbiskop van Konstantinopel, Nuwe Rome en as Ekumeniese Patriarg die geestelike hoof van die Oosters-Ortodokse Kerk.
Hy is op die dorp Zeytinli, Turkye, gebore as Dimitrios Arhondonis (Δημήτριος Αρχοντώνης; Dimítrios Archontónis), seun van Christos en Merope Archontónis. Hy behoort tot ’n klein groep Grieke wat afstam van die oorspronklike Griekse bewoners van die huidige Turkye.