Suid-Afrika is verdeel in 52 distrikte (Metropolitaanse- en Distriksmunisipaliteite). As gevolg van die 12de wysiging van die Grondwet (Desember 2005) is die hoeveelheid distrikte van 53 na 52 verminder. 'n Verdere gevolg van die wysiging is dat elke distrik nou slegs in één provinsie val, om konflik van belange te vermy.
Tipe distrikte
Daar is twee tipes distrikte:
8 Metropolitaanse munisipaliteite wat soos beide distriks- en plaaslike munisipaliteite dien (sien * onder). Hulle staan ook bekend as Kategorie A-munisipaliteite
44 Distriksmunisipaliteite wat 'n paar plaaslike munisipaliteite insluit. Hulle staan ook bekend as Kategorie C-munisipaliteite met hulle plaaslike munisipaliteite wat ook as Kategorie B-munisipaliteite bekend staan.
Distrikte
Die kaart wys die 52 distrikte (die kleure wys die 9 provinsies):