Die Groen Faktor | |
---|---|
Regisseur | Koos Roets |
Produksieleier | Thys Heyns |
Draaiboek | Emil Nofal Marié du Toit |
Met | Cobus Rossouw George Ballot Trix Pienaar |
Musiek deur | Zane Cronje |
Kinematografie | Tobie Swanepoel |
Redigeerder | Phillip Hattingh |
Uitgereik | 31 Augustus 1984 |
Speeltyd | 92 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Die Groen Faktor is 'n Afrikaanse rolprent wat op 31 Augustus 1984 uitgereik is.
Die rolprent is 'n komedie - 'n satire op Afrikaanse politiek.
Die rolprent dryf die spot met die destydse kleurvraagstuk en die politieke klem op rassesuiwerheid. 'n Plattelandse NP-verkiesingskandidaat (Cobus Rossouw) ontdek tot sy groot verleentheid dat hy in die aanloop tot die verkiesing op onverklaarbare wyse besig is om letterlik groen word. Om dinge te vererger tref die regering onderskeid tussen liggroenes en donkergroenes.
https://www.youtube.com/watch?v=M492QaFdsB4 Rolprent op YouTube