Carl von Ossietzky
Carl von Ossietzky
Carl von Ossietzky in 1934

Duitse joernalis en aktivis, ontvangger van die Nobelprys vir Vrede in 1935

Persoonlike besonderhede
Gebore (1889-10-03)3 Oktober 1889
Hamburg,
Sterf 4 Mei 1938 (op 48)
Berlyn,
Toekennings Nobelprys vir Vrede (1935)

Carl von Ossietzky (Hamburg, 3 Oktober 1889 - Berlyn, 4 Mei 1938) was 'n Duitse joernalis, pasifis en demokraat en 'n prominente verset figuur teen Adolf Hitler. Hy is in 1935 met die Nobelprys vir Vrede bekroon "...(vir sy) stryd teen Duitsland se herwapening"[1]

Biografie

Jeug

Carl von Ossietzky is op 3 Oktober 1889 in Hamburg gebore as die seun van 'n Protestantse vader en Katolieke moeder. Sy pa is oorlede toe Carl twee jaar oud was. Hy het nie akademies gepresteer nie en hy het op 17-jarige ouderdom die Realschule verlaat sonder 'n diploma om as staatsamptenaar te werk.

Pasifis

Na militêre diens gedurende die Eerste Wêreldoorlog, onder meer in die Slag van Verdun, het Ossietzky 'n oortuigende pasifis en demokraat geword. 'n Paar jaar later was hy sekretaris van die Deutsche Friedensgesellschaft en probeer hy "'n vredesbewussyn"'deur middel van publikasies en lesings te vestig in Duitsland. Hy word redakteur van die Berliner Volkszeitung en in 1926 hoofredakteur van Die Weltbühne, waarvan hy ook die uitgewer was saam met Kurt Tucholsky. Daarmee het hy 'n belangrike spreekbuis gehad vir sy teenkanting teen die geheime Duitse herbewapening wat strydig was met die Verdrag van Versailles. Ossietzky is met die Engelse burger Maud Woods getroud.

Vervolging

Vanweë sy uitgesproke pasifistiese opinies het von Ossietzky gereeld met die gevestigde belange gebots. In 1913, in 'n artikel, het hy sterk kritiek op 'n pro-militêre uitspraak van die Erfurt-hof gemaak. Dit het gelei tot die beskuldiging dat hy die geregstelsel beledig het. Hierdie klagte het geen verdere gevolg gehad nie danksy 'n skikking wat sy vrou met die hof bereik het. In 1927 het die koerant Die Weltbühne, waarvan von Ossietzky destyds hoofredakteur was, 'n artikel gepubliseer oor die verskuilde Duitse herbewapening, wat teen die bepalings van die Verdrag van Versailles van 1919 was. Hierdie keer is von Ossietzky skuldig bevind aan laster en het hy 'n maand in die tronk gegaan. Twee jaar later, in Augustus 1929, is hy 'n tweede keer skuldig bevind aan soortgelyke aanklagtes. Hierdie keer was die vonnis 18 maande gevangenisstraf. Uit die 18 maande is hy uiteindelik deur 'n amnestiewet gedwing om slegs sewe maande uit te dien. Die opkoms van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty aan die einde van die 1920's, 'n baie nasionalistiese ideologie, het die pasifistiese ideologie nog meer na vore gebring. Dit het uiteindelik tot die inhegtenisneming van von Ossietzky in 1933 gelei. Hy is na die Esterwegen-konsentrasiekamp gestuur waar hy erg mishandel is. Hy sou uiteindelik in 1938 sterf aan die gevolge van hierdie mishandeling.

Erkenning

Von Ossietzky het die Nobelprys vir Vrede in 1935 ontvang.[2] Die toekenning was 'n hupstoot vir die internasionale veldtog om hom vry te laat. Hy mag nie sy prys in Swede ontvang nie, sodat dit nie toegeken kon word nie. Die regulasies het destyds bepaal dat die pryswenner of sy gesin die prys in Stockholm moet ontvang. Van toe af het die Nazi's elke Duitser verbied om die Nobelprys in ontvangs te neem om die prys sodanig te delegitimeer. Na 'n lang debat is die universiteit in Oldenburg in 1992 na Carl von Ossietzky vernoem. Die universiteit het hierdie versetvegter gekies weens sy internering in die nabygeleë kamp Esterwegen.

Afsterwe

Von Ossietzky het in 1938 siek geword. Hy het aan 'n terminale vorm van tuberkulose gely. Von Ossietzky is op 4 Mei 1938 in die hospitaal oorlede.

Verwysings

  1. "The Nobel Peace Prize 1935" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 11 Oktober 2019.
  2. Nobelprijs "The Nobel Peace Prize 1935: Carl von Ossietzky"

Verdere leeswerk

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.