Broer Matie | |
---|---|
Regisseur | Jans Rautenbach |
Produksieleier | Louis Moller |
Draaiboek | Jans Rautenbach |
Met | Simon Bruinders Paul Lückhoff Louw Verwey |
Kinematografie | James Robb |
Ateljee | Satbel Films |
Uitgereik | 20 Julie 1984 |
Speeltyd | 97 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Broer Matie is 'n Afrikaanse rolprent wat op 20 Julie 1984 vrygestel is. Dit is die laaste rolprent wat deur die regisseur Jans Rautenbach vervaardig is. Die fliek speel in die Klein Karoo af en die tonele buite die kerk is in De Rust geskiet. Die tonele binne die kerk is meer as 1 000 km verder in die kerkgebou van NG gemeente Boksburg verfilm.
Die rolprent sal op 10 Junie 2012 saam met die Rapport aan sy lesers versprei word.[1]
Die rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
'n Gesiene boer van die Klein Karoo sterf en bepaal in sy testament dat 'n bruin predikant sy begrafnisdiens moet waarneem. Dis 1961 en apartheid is aan die orde van die dag. Terwyl die blanke kerkraad die boer se versoek bespreek, speel 'n drama van menseverhoudings hom in die gemeenskap af.