Boemerang 11:15 | |
---|---|
Regisseur | Ivan Hall |
Produksieleier | Bill Venter |
Draaiboek | Michael McCabe |
Met | Gerhard Viviers Riana Pienaar Ben Verwey |
Musiek deur | Con Lamprecht |
Kinematografie | Hans Werkman |
Redigeerder | Gerrie van Wyk |
Ateljee | Kavalier Filmproduksies |
Uitgereik | 16 Junie 1972 |
Speeltyd | 85 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Boemerang 11:15 is 'n Afrikaanse rolprent wat op 16 Junie 1972 uitgereik is. Die film is deur Kavalier Filmproduksies in Kaapstad geskiet.
Die rolprent is 'n drama en gruwelfilm (riller).
Die werklose Ben Venter se kulkunsies by sy dogter Karen se skool beïndruk 'n pa in die gehoor, en hy bied Venter 'n werk aan. Maar Venter is geskok wanneer hy hoor watse werk hy vir R25 000 moet doen. Hy moet twee tasse by die lughawe omruil, en die een wat hy moet aflewer, bevat 'n bom. Die terroriste se teiken is Johan van Buuren, 'n belangrike Suid-Afrikaanse diplomaat in die VVO. Venter weier, maar dan speel Groenewald sy troefkaart: Drie van sy makkers het Karen daardie oggend op pad skool toe ontvoer, en hy sal hul beveel om haar dood te maak as Ben nie aan sy eis gehoor gee nie.