Anel Alexander | |
Geboortenaam | Anel Flett |
---|---|
Geboorte | 26 November 1979 Pretoria |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Aktrise |
Webwerf | anelalexander.com |
Toekennings | ATKV-penning kykNET se Silwerskermfees-prys |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Anel Alexander (née Flett, 26 November 1979) is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, skrywer en vervaardiger van Pretoria. Haar pa is van Skotse afkoms. Sy het in 2002 'n BA-drama-graad cum laude van die Universiteit van Pretoria verwerf.
Op hoërskool wen sy 'n ATKV-penning vir beste byspeler in 'n kompetisie vir tieners.[1] Sy het die rol van Liesl in 7de Laan vertolk en ook in 'n aantal romantiese komedies gespeel, onder andere in Semi-soet en Klein Karoo.[2]
In 2013 speel sy in die Afrikaans dramareeks Geraamtes in die kas.[3] Later in dieselfde jaar wen sy die kykNET Silwerskermfees-prys vir die beste ondersteunende rol in Faan se Trein.[4] Sy was getroud met die akteur James Alexander.
As akteur:
As vervaardiger:
As skrywer: