Amenemhat III | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Lamares, Ameres, Ammenemes | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Kopbeeld van Amenemhat III (Louvre). | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Farao van die 12de Dinastie | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Periode | 1860–1814 v.C. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Voorganger | Senoesret III | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Opvolger | Amenemhat IV | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Vader | Senoesret III | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Oorlede | 1814 v.C. | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Monumente | Piramides by Dahsjoer en Hawara | |||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Amenemhat III in Egiptiese hiërogliewe | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Amenemhat of Amenemhet III was ’n Egiptiese farao van die 12de Dinastie. Hy het van omstreeks 1860 tot 1814 v.C. regeer – die langste bewind bekend. Dit is gevind in ’n papirus uit die 46ste jaar van sy regering.[1] Sy bewind word beskou as die goue era van die Middelryk van Antieke Egipte.[2] Hy kon tot 20 jaar saam met sy pa, Senoesret III, regeer het.[3]
Aan die einde van sy bewind het hy die troon gedeel met sy opvolger, Amenemhet IV.[4] Sy dogter, Sobekneferoe, het Amenemhat IV later opgevolg as die laaste heerser van die 12de Dinastie. Amenemhat III se troonnaam, Nimaatre, beteken "Behorende tot die Geregtigheid van Ra".
Tydens sy lang bewind het Amenemhat die werk van sy pa voortgesit om die Fajoem-depressie met die Nylrivier te verbind. ’n Kanaal van 16 km lank en 1,5 km breed, bekend as Mer-Wer (die "Groot Kanaal") is gebou; dit is nou bekend as Bahr Joessef. ’n Meer is gevorm wat 13 miljard m3 vloedwater per jaar kon hou.[5] Dié enorme ingenieursprojek is eindelik deur sy seun, Amenmehat IV, voltooi en het Fajoem laat vooruitgaan. Dié gebied was tot 230 v.C. die land se broodmandjie.