Die Alliance for Transformation for All (ATA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in 2018 gestig is om te beding vir die belange van die taxibedryf.[1]
Die party is besig om hul te beywer vir subsidies aan die minibus taxi bedryf, en vir taxibestuurders om hul bedryf self te reguleer.[2] Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxi Raad (Santaco) het hulself van die party gedistansieer.[3]
Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem.
Verkiesing | Stemme | % | Setels |
---|---|---|---|
2019[4] | 14 266 | 0,08 | 0 |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |