Kalenders
|
|
Slag van Poltava
|
|
Die jaar 1709 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 9de jaar van die 18de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
- Die winter van 1709 is in Europa deur buitengewoon lae temperature gekenmerk. Die Bodenmeer was heeltemal bevrore. In die gebied van Trier, Duitsland het temperature nog op 7 Julie benede vriespunt gedaal. Die droogte, wat op die harde winter gevolg het, het in die omgewing van Trier tot 'n hongersnood gelei.
- 8 Augustus – Johann Gmelin, Duitse botanis, geograaf en ontdekkingsreisiger in Siberië († 1755)
- 18 September – Samuel Johnson, Engelse skrywer, digter, moralis, literatuurkritikus, biograaf, redakteur en leksikograaf († 1784).
- 30 September – Georg Schmidt, sendeling van die Morawiese kerk († 1785).
- 22 November – Franz Benda, violis en komponis van Boheme († 1786)
- 25 Desember – Julien Offray de Lamettrie, Franse arts en filosoof († 11 November 1751).
- 29 Desember – Jelizawjeta Petrowna, Keiserin Elisabeth van Rusland († 1762).