Steyn is 'n algemene familienaam in Suid-Afrika en Namibië. 'n Baie interessante webwerf wat nog volop in ontwikkeling is, is forebears.io. Hulle nog onvolledige gegewens gee aan dat daar tans meer as 54 duisend Steyns wêreldwyd is. Die top vyf lande waar Steyns woon volgens hulle: Suid-Afrika (>50 000), VSA (>600), Verenigde Koninkryk (>500), Namibië (>500), en Australië (>500). Bowendien reken hulle daar is Steyns in ongeveer 80 lande te vinde.

Volgens die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Volume 12 het vyf Steynstamvaders Suid-Afrika toe gekom. Die van kan veral teruggespoor word na Douwe Gerbrandt Steyn[1] en na Johannes Steyn, die enigste twee stamvaders wat nog nasate in Suid-Afrika het.

  1. Douwe Gerbrandt Steyn het in 1670–1671 in Suid-Afrika aangekom. Hy was oorspronklik van Friesland. Die grootste Steynfamilie in Suid-Afrika stam van hom af. Hierdie Steynstam het twee hooftakke deur twee kleinseuns van hom. Die eerste een is Hermanus Steyn en die tweede een Jacobus Steyn.
  2. Johannes Steyn het omstreeks 1760 in Suid-Afrika aangekom. Hy was oorspronklik van Duitsland. Sy nasate vorm die tweede grootste Steynstam in Suid-Afrika.
  3. Johann Michael Steyn het omstreeks 1752 uit Duitsland na Suid-Afrika gekom.
  4. Johann Conrad Steyn het omstreeks 1775 uit Duitsland na Suid-Afrika gekom.
  5. Arie Steyn het omstreeks 1780 uit Nederland na Suid-Afrika gekom.

Stamvaders 3-5 het nie meer nasate in Suid-Afrika nie.

Betekenis van Steyn

[wysig | wysig bron]

Die van Steyn is afgelei van die Oudnederlandse woord "steen", wat verwys het na 'n (bak)steen of 'n wapen wat uit steen/rots/klip gemaak is.

Steynfamiliewapen

[wysig | wysig bron]
Die Steynfamiliewapen.

Die bekendste familiewapen wat vir die Steynfamilie gebruik word, is een met drie voëls. Dit is die familiewapen van die Steynfamilie in Haarlem, Nederland. Hulle het geen verwantskap met die Steynfamilies in Suid-Afrika nie.

In 2014 is 'n nuwe familiewapen vir die afstammelinge van Douwe Gerbrandt Steyn ontwerp en amptelik deur die Friese Vereniging van Heraldiek goedgekeur.

Steyn kan na die volgende verwys

[wysig | wysig bron]
Mense se van
Mense se voornaam
Skole
Dorpe
Heuwel

Steynkop,[12] naby Kenhardt, Noord-Kaap.

Kasteel

Kasteel Stein / Slot Steyn, in Limburg, Nederland[13] – slegs ruïnes is oor.[14]

Hotel

Steyn Hotel, Steynlaan 41, Zeist, Nederland[15]

Strate

Suid-Afrika: Bethlehem, Bloemfontein, Kaapstad, Louis Trichardt, Môrelig, Pretoria-Noord, Upington, Vanderbijlpark, Wesselsbron, Wolmer

Nederland: Amsterdam, Deventer, Eindhoven, Haarlem, Maassluis, Tilburg, Waalwijk.

Suid-Afrika: Westdene, Bloemfontein

Nederland: Eindhoven

Suid-Afrika: Parys, Sasolburg

Nederland: Almelo

Nederland: Dordrecht

Suid-Afrika: Barberton, De Kelders, Edenvale, Fochville, Fouriesburg, Germiston, Johannesburg, Kroonstad, Krugersdorp, Muldersdrift, Napier, Odendaalsrus, Ottosdal, Pietersburg/Polokwane, Potchefstroom, Viljoenskroon

België: Antwerpen

Nederland: Alkmaar, Arnhem, Bergen op Zoom, Hengelo, Leeuwarden, Utrecht

Nederland: Amsterdam, Baarn, Den Haag, Ermelo, Hilversum, Zeist

Nederland: Zeist

Suid-Afrika: Brooklyn, Krugersdorp, Muldersdrift, Pierre van Ryneveld (Van Ryneveldpark). Steynweg in Pierre van Ryneveld vernoemd na Mnr. V.P. Steyn, Sekretaris van Verdediging, Suid-Afrika (1955–1966).

Nederland: Behrloo, Oosterbeek, Renkum, Schoorl

Nederland: Moorveld

Hermanus Steynstraat, Swellendam

Louw Steynstraat, Postmasburg, Suid-Afrika

Steynsrustweg, Kaapstad

Irving Steynstraat, Casseldale, Gauteng

Lucas Steyn Straat, Heuwelsig, Bloemfontein

Voorstad

Steynsrust, Kaapstad, Suid-Afrika

Strukture

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. South Africa's Stamouers
  2. Douw Gerbrand Steyn op Geni
  3. Hendrik Pieter Marthinus Steyn op Geni
  4. Hermanus Steyn op Geni
  5. Johan van Zyl Steyn op Geni
  6. Marthanus Steyn op Geni
  7. Marthinus Helperus "Tommie" Steyn op Geni
  8. William Herbert "Willie" Steyn op Geni
  9. Laerskool President Steyn se webtuiste
  10. President Steyn-skole
  11. President Steynschool
  12. Steynkop
  13. Kasteel/Slot Steyn/Stein op die Nederlandse Wikipedia
  14. Slot Steyn op Facebook
  15. Steyn Hotel se amptelike webtuiste

Nog inligting

[wysig | wysig bron]