Roelof Temmingh
GeboortenaamRoelof Willem Temmingh
Gebore28 September 1946
Amsterdam, Nederland
Sterf6 Mei 2012
Beroep(e)Komponis, akademikus
InstrumenteOrrel

Roelof Temmingh (1946 - 2012) was 'n Suid-Afrikaanse komponis en orrelis.[1] Hy is as een van die leidende komponiste in Suid-Afrika beskou en sy musiek is wyd oor Suid-Afrika, Europa en Noord-Amerika opgevoer.[2]

Biografie

Roelof Willem Temmingh is op 28 September 1946 in Amsterdam in Nederland gebore. Sy pa en beide sy twee broers het ook musiekloopbane gevolg. Hy het in 1958 (op 12-jarige ouderdom) met sy familie na Suid-Afrika geëmigreer.

Tussen 1965 en 1970 ontvang hy die grade BMus, BA en MMus aan die Universiteit van Kaapstad. Daarna vertrek hy na Duitsland om komposisie daar te studeer. Hy word in 1973 as 'n lektor by die Universiteit Stellenbosch aangestel en behaal in 1976 sy PhD in musiekwetenskap van die Utrecht-universiteit in Nederland.

Hy trek in 1972 aandag nadat hy die Samro-kompetisie vir jong komponiste wen. Hy het spoedig as een van die vooraanstaande komponiste van sy generasie bekend geraak en is drie keer met die Helgaard Steyn-prys gekroon (vir Drie sonnette in 1988, Wenn wir in höchsten Nöten sein in 2001 en Kantorium in 2006). In 1988 het hy die Total-prys vir Autumn gewen, en in 2000 is die Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning aan hom toegeken.

Hy het in 2004, ná 31 jaar se diens aan die Universiteit van Stellenbosch afgetree en is op 6 Mei 2012 oorlede.[3]

Werke

Operas:

Orkes:

Vokaal:

Kamermusiek:

Solo instrument:

Vir kasset:

Sien ook

Verwysings

  1. Wallis, F. (2000). Nuusdagboek: feite en fratse oor 1000 jaar, Kaapstad: Human & Rousseau
  2. Roelof Temmingh (1946-2012): Skep oor 40 jaar ’n oeuvre van blywende belang[dooie skakel], Beeld, 14 Mei 2012
  3. TEMMINGH, Roelof op sacomposers.co.za Geargiveer 3 Oktober 2014 op Wayback Machine, besoek op 28 September 2014