C
Teks wat lees "The C Programming Language" ("Die C-programmeertaal" in Afrikaans)
Grafika van die boek The C Programming Language.[1]
ParadigmaMulti-paradigma: imperatief (proseduraal), gestruktureerd
OntwerperDennis Ritchie
OntwikkelaarANSI X3J11 (ANSI C); ISO/IEC JTC 1 (Joint Technical Committee 1) / SC 22 (Subcommittee 22) / WG 14 (Working Group 14) (ISO C)
Eerste vrystelling1972; 52 jaar gelede (1972)[2]
Stabiele vrystelling
C17 / Junie 2018; 5 jaar gelede (2018-06)
Voorskouvrystelling
C23 (N3096) / 2 April 2023; 11 maande gelede (2023-04-02)[3]
TipedissiplineStaties, swak, manifes, nominaal
BedryfstelselKruisplatform
Lêeruitbreidings.c, .h
Webwerfwww.iso.org/standard/74528.html
www.open-std.org/jtc1/sc22/wg14/
Belangrike implementerings
pcc, GCC, Clang, Intel C, C++Builder, Microsoft Visual C++, Watcom C
Dialekte
Cyclone, Unified Parallel C, Split-C, Cilk, C*
Beïnvloed deur
B (BCPL, CPL), ALGOL 68,[4] PL/I, FORTRAN
Het beïnvloed
Talle: AMPL, AWK, csh, C++, C--, C#, Objective-C, D, Go, Java, JavaScript, JS++,Julia, Limbo, LPC, Perl, PHP, Pike, Processing, Python, Rust, Seed7, Vala, Verilog (HDL),[5] Nim, Zig

C is 'n hoëvlakprogrammeertaal wat in die vroeë 1970's deur Dennis Ritchie by Bell Laboratoriums ontwikkel is. Dit is oorspronklik gebruik vir stelselprogrammering, maar het gou getoon dat dit kragtig en buigsaam genoeg is vir ontwikkeling van 'n verskeidenheid van programmatuur.

Die eerste intensiewe program ontwikkel in C is die Unix-bedryfstelsel. Dit word steeds grootliks geassosieer met hierdie bedryfstelsel.

Alhoewel dit 'n hoëvlak programeertaal is, is dit soortgelyk aan laevlak programmeertale.

Ontwerp

C is 'n proseduregedrewe taal. Die ontwerp is so opgestel om baie direkte omskakeling vanaf kode- na mikroverwerkerinstruksies te doen, om minimale hardloop ondersteuning te kort vanaf die sisteem en laevlaktoegang tot geheue te verseker. C is dus ideaal om programme oor te skryf wat in samestellertaal geskryf is.

C is opgestel om redelik eenvoudig op verskillende platforms gebruik te kan word. 'n C-program wat die standaarde van die taal volg behoort op 'n verskeidenheid platforms te kan loop met minimale veranderinge aan die bronkode.

Oorsig

In C-taal word alle uitvoerbare kode omskryf in afsonderlike subroetines bekend as "funksies" (hierdie moet nie verwar word met funksionele programmering nie). Funksie parameters word altyd weergegee met hul waardes, aangesien verwysings nie werklik in C bestaan nie. Wanneer jy direk 'n veranderlike se waarde verander (meer bekend as werk met verwysings), dan word daar eintlik indirek aan die veranderlike verander deur gebruik te maak van wysers.

'n Enkele stelling in C word beëindig met 'n kommapunt, terwyl krulhakies gebruik word om groepe van stellings te vorm.

Die C-taal het ook die volgende eienskappe:

Geskiedenis

Vroeë opvattings

Die ontstaan van C hou verband met die ontwikkeling van die Unix-bedryfstelsel wat oorspronklik geïmplementeer is in saamsteltaal op 'n PDP-7 deur Ken Thompson en Dennis Ritchie. Hulle wou later die nuwe bedryfstelsel gebruik op 'n PDP-11. Hul eerste oorweging was om die sisteem te herskryf met die B programmeertaal, maar daardie taal kon nie die PDP-11 ten volle benut nie.

C se ontwikkelling het dus in 1972 begin op die PDP-11 Unix-sisteem en het eerste verskyn in Unix-2. Die taal is nie oorspronklik geskryf om gebruik oor 'n verskeidenheid platforme te vergemaklik nie, maar met samestellers soos Honeywell 600 kon verskeie ander sisteme ook C gebruik. Die naam C is slegs die volgende letter in die alfabet na die vorige programmeertaal, B. Die Unix-bedryfstelsel is daarna herontwikkel in C. Teen 1973, met die gebruik van saamgestelde datatipes, was C kragtig genoeg sodat die meerderheid van die Unix-opstellings in C gedoen kon word.

K&R C

In 1978 is die eerste uitgawe van The C Programming Language gedruk. Die boek het gedien as die eerste basiese omskrywing van die programmeertaal. Programmeerders het na die boek verwys as "K&R" en die boek het vir jare as die informele spesifisering van die C-taal gedien. Die tweede uitgawe van die boek het die ANSI C-standaard gedek.

K&R het verskeie eienskappe van die C-taal beskryf:

Baie jare nadat 1989 ANSI C bekend gestel is, het mense steeds K&R C gebruik om te verseker dat dit op die maksimum hoeveelheid platforms kan werk (om te verseker dat die kode steeds sal werk selfs op ouer samestellers).

K&R C se funksiedefinisies het geen inligting bevat oor die argument van die funksie nie, dus kon daar foute wees met 'n aantal parameters wat 'n samesteller nie sou uitwys nie.

Die volgende addisionele funksies is bygevoeg tot K&R C:

Die gebrek aan 'n ooreenkoms by een standaardbiblioteek sowel as die C-taal se hoë gebruik het daartoe gely dat 'n sekere mate van standaardisering vir die taal nodig was.

Ansi C en ISO C

In 1983 het die Amerikaanse Nasionale Standaarde Instituut (ANSI) begin om 'n standaardspesifikasie vir C te skep. In 1990 het die Internasionale Organisasie vir Standaardisering (ISO) hul eie weergawe van C, ISO C, geskep.

C99

Die C-standaardtaal is herontwerp in die vroeë 1990's, met die nuwe weergawe bekendgestel as C99. Dit was sedert sy vrystelling reeds 3 keer aangepas deur Technical Corrigenda.

C99 het verskeie nuwe eienskappe van die taal bekend gestel, insluitend inlynfunksies, nuwe datatipes (insluitende long long int en 'n complex tipe om komplekse getalle voor te stel), skikkings met verstelbare lengtes, veranderlike skikkingslede, ondersteuning vir nuwe makros en ondersteuning vir kommentaar wat begin met // (op voorwaarde dat dit op een lyn geskryf word). Baie van hierdie eienskappe was reeds ingesluit as deel van sekere C-vertalers.

C11

Teen 2007 is die C-taal weereens herontwerp, en die informele naam "C1X" daaraan gegee totdat dit amptelik vrygestel is op 8 Desember 2011.

Sintaksis

Karakters

Die basiese C-opstelling herken die volgende karakters:

Sleutelwoorde

C het 32 standaard sleutelwoorde. Hulle verwys na spesifieke programmeerinstruksies wat vir geen ander doel as dit waarvoor hulle gedefineerd is, gebruik kan word nie. Hierdie woorde se gebruik is dus beperk tot 'n spesifieke doel en mag nie as veranderlikes, funksie of ander name gebruik word nie.

auto
break
case
char
const
continue
default
do

double
else
enum
extern
float
for
goto
if

int
long
register
return
short
signed
sizeof
static

struct
switch
typedef
union
unsigned
void
volatile
while

Soos gesien kan word uit die "Hello World" voorbeeld hieronder, is die funksie printf nie 'n sleutelwoord nie, terwyl return wel is. Dit is omdat printf op 'n verskeidenheid maniere vir verskillende platforme gedefineer kan word. In die voorbeeld is printf in stdio.h gedefineer en sal dit 'n string op die relevante venster vertoon. printf kan byvoorbeeld op 'n verwerkerbord gedefineer word om data oor 'n konneksie te stuur. Die ander datapunt is dan verantwoordelik om iets met die data te doen. Hierdie verskil van return, wat altyd in enige C-program dieselfde sal doen (naamlik dit sal teruggaan na die roeperfunksie met die argument wat saam daarmee gegee is.)

C99 het vyf addisionele sleutelwoorde bygedra: _Bool , _Imaginary, restrict , _Complex ,inline

C11 het 11 addisionele sleutelwoorde bygedra: _Alignas , _Atomic, _Noreturn, _Thread_local,_Alignof,_Generic,_Static_assert

Operatore

Operatore is die simbole wat C gebruik om te bepaal wat gedoen moet word vir 'n gegewe stelling.

Datatipes

Die datatipes in C is staties en swak (met ander woorde, dit is moontlik om een veranderlike met 'n sekere datatipe in 'n ander datatipe om te sit), wat dit soortgelyk maak aan ander tale soos Pascal. Daar is ingeboude tipes vir meeste heelgetalle met verskeie groottes, beide signed en unsigned en karakters. C99 het 'n boolse datatipe bygevoeg. Daar is ook afgeleide tipes soos skikkings, wysers en saamgestelde datatipes (struct).

C word gereeld gebruik in laevlak stelselprogrammering waar dit nodig mag wees om die tipesisteem te manipuleer. Byvoorbeeld, die programmeerder kan twee veranderlikes met verskillende datatipes met mekaar vergelyk deur die een veranderlike se tipe te verander, of van wysers gebruik maak om die veranderlikes op ander maniere te vergelyk.

Wysers

C laat die gebruik van wysers toe, wat die adres van 'n objek of funksie in die geheue stoor. Wysers kan dan gebruik word om die data by die adres waarna dit wys te gebruik. Daar is ook spesiale wiskundige operasies wat gedefinieerd is vir wysers. 'n Wyser se tipe word bepaald deur die datatipe waarna dit wys. (Byvoorbeeld 'n int wyser sal die adres van 'n int stoor). Die wyserwiskunde word outomaties aangepas vir die grootte van die datatipe waarna dit wys.

Strings kan gemanipuleer word deur gebruik te maak van wysers na karakterskikkings. Dinamiese geheuetoekenning kan gedoen word met wysers. Verskeie saamgestelde datatipes, soos binêrebome word geïmplementeer deur gebruik te maak van wysers. Wysers na funksies kan nuttig wees om funksies as argumente aan hoërordefunksies te gee.

'n Null wyser wys direk na 'n geen geldige adres. Om na daardie adres toe te gaan sal dus meestal 'n segmentfout tot gevolg hê. Null wysers word dus gebruik vir spesiale gevalle wat "nie bestaan nie", soos om die volgende objek in die laaste objek in 'n tou te beskryf.

Skikkings

Skikkings in C is gewoonlik van 'n vaste grootte en tipe soos gedefinieer teen vertaaltyd.

Geheuebestuur

'n Kritiese funksionaliteit van 'n programeringstaal is om die bestuur van geheue en stoor van objekte te beheer. C bied drie maniere om geheue toe te ken vir objekte.

Die drie metodes om geheue te bestuur het verskillende voordele en nadele.

Biblioteke

Die C programmeertaal gebruik biblioteke as sy hoofmetode van uitbreiding. In C is 'n biblioteek n stel funksies wat behou word in 'n enkel argief lêer.

Die mees algemeenste C bibliokteek is die C standaard biblioteek wat gespesifiseer word deur die ISO en ANSI C standarde. Hierdie biblioteek kom met elke C implementering , terwyl sekere implementerings vir beperkte rekenaarstelsels partykeer net 'n onderafdeling van die biblioteek bevat. Die biblioteek ondersteuen intree en afvoer , geheue toekenning , wiskunde, karaktering strings en tydwaardes.

Biblioteke vir ander programmeertale word gereeld in C gesrkyf aangsein die C saamestellers effektiewe objekkode genereer. Die programmeerders sal dan koppelstelsels in die biblioteek skep sodat die roetines in hoërvlaktale soos Java , Perl of Python gebruik kan word.

Verwante programmeertale

C het direk of indirek baie tale beïnvloed soos byvoorbeeld C# , D , Go , Java , JavaScript , Limbo , LPC , Perl , PHP , Python en Unix's C shell. Die grootste invloed van C was die sintaksis.

"Hello, world!" Voorbeeld

Die volgende C kode is 'n eenvoudige program wat bloot die string "Hello, world!" druk op die skerm:

#include <stdio.h>

int main() {
    printf("Hello, world!\n");

    return 0;

}
#include <stdio.h>

Hierdie lyn veroorsaak die voorverwerker ('n program wat die kode verwerk voordat dit vertaal word) om die inhoud van die stdio.h lêer in die plek van hierdie lyn in te voeg. stdio.h vorm deel van die standaard C biblioteek, en bevat definisies vir verskeie funksies om I/O te behandel, soos printf.

int main() {

Die volgende lyn verklaar die main funksie. In C-programme dien die main funksie as beginpunt vir die program deurdat dit die eerste funksie is wat geroep word deur die bedryfstelsel wanneer die program uitgevoer word. Die int spesifiseer dat die funksie 'n heelgetalwaarde as afvoer lewer. Die hakies aan die einde van main spesifiseer dat die funksie geen argumente neem nie; dit kan ook as (void) geskryf word. Die krulhakies dui die bestek van die funksie aan.

    printf("Hello, world!\n");

Hierdie lyn roep die printf funksie met een argument (die string "Hello, world!\n") om die boodskap te vertoon op die skerm. Die funksie se implementering word bevat in 'n sogenaamde biblioteek wat bekend staan as die standaard C biblioteek, wat 'n groot hoeveelheid nuttige funksies bevat.

    return 0;

}

Omdat main verklaar is met 'n int afvoer, moet die funksie spesifiseer watter waarde teruggestuur gaan word na die funksie/omgewing wat dit geroep het. In hierdie geval word 'n 0 terug gestuur. In UNIX-stelsels is die konvensie dat 'n afvoer van 0 van die program (in hierdie geval, vanaf die main funksie) beteken dat die program suksesvol uitgevoer is, terwyl enige ander waarde 'n fout aandui.

Verwysings

  1. Prinz, Peter; Crawford, Tony (16 Desember 2005). [[[:Sjabloon:GBurl]] C in a Nutshell] (in Engels). O'Reilly Media, Inc. p. 3. ISBN 9780596550714. ((cite book)): Check |url= value (hulp)
  2. (Ritchie 1993): "Thompson had made a brief attempt to produce a system coded in an early version of C—before structures—in 1972, but gave up the effort."
  3. ISO/IEC JTC1/SC22/WG14 (5 April 2023). "C - Project status and milestones". Besoek op 9 Augustus 2023.
  4. (Ritchie 1993): "The scheme of type composition adopted by C owes considerable debt to Algol 68, although it did not, perhaps, emerge in a form that Algol's adherents would approve of."
  5. "Verilog HDL (and C)" (PDF). The Research School of Computer Science at the Australian National University. 3 Junie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 November 2013. Besoek op 19 Augustus 2013. 1980s: ; Verilog first introduced ; Verilog inspired by the C programming language